Leesplan inligting

Geld en Belegging saam met die Kwak BroersVoorbeeld

Money and Investing with the Kwak Brothers

DAG 3 VAN 7

 Vrygewigheid en Donasie



Stel jou voor jy is by 'n besige kruising. Jy het 'n lang werksdag agter die rug en wil net graag by die huis kom. Dan sien jy iemand met 'n plakkaat wat vra vir geld. Soos die meeste mense ry jy weg en sê vir jouself hy of sy sal waarskynlik die geld vir drank of dwelms gebruik. 'n Klein deeltjie van jou voel egter skuldig. Die gevoel bly jou by die res van die aand, en jy begin wonder of jy 'n "goeie mens" is. 



Jy wens jy kon daardie persoon wees wat net duisende rande gehad het om vir elke hawelose persoon wat jy teëkom te gee. Natuurlik gaan vrygewigheid nie oor die bedrag wat gegee word nie. Om die waarheid te sê, Jesus praat hieroor wanneer Hy 'n vrou sien wat net 'n paar sente gee, vergeleke met ander wat baie meer gee. Hy sê dat die vrou eintlik baie meer gee as die ander, want sy het dit in haar armoede gegee. Dit is 'n belangrike les, maar ek is seker die mense om Hom het gedink Hy is gek.



Wel, ek het die gevoel dat Jesus weet wat Hy doen. Miskien is die rede hoekom Hy gesê het wat Hy gesê het, gedeeltelik omdat Hy reeds alles het en nie omgee oor die geld nie. In plaas daarvan, gee Hy vir ons om.



Dit is wat ek uit die verhaal kry. Miskien het Jesus vir almal om Hom gesê dat die vrou meer gegee het, omdat geld nie al was wat sy gegee het nie. Sy het God iets anders aangebied: haar hart.



God het vandag vir my gesê dat Hy nie ons hulp wil hê nie; Hy wil ons harte hê. Wil jy leer hoe om te gee? Gee jou hart vir God. Wil jy meer vrygewig wees? Wees vrygewig met hoeveel jy jouself aan Jesus onderwerp. 



So baie Christene wil vandag dinge vir God doen, maar ons weet selde hoe om iets ter wille van God te doen. Dit kom deur 100% van ons harte te gee, nie net 10% van ons salaris nie.



Ek daag jou uit om te verstaan dat ons 'n Vader het wat alles het, en die beste ding wat ons ooit vir God kan gee is onsself.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Money and Investing with the Kwak Brothers

Het jy geweet dat Jesus 11 keer oor geld gepraat het in die 40 gelykenisse in die Nuwe Testament? Dit is amper 27.5% van die opgetekende onderwysinge van Jesus. Dit sê vir ons hoe belangrik ons ingesteldheid en houding t...

More

Baie dankie aan The Kwak Brothers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://thekwakbrothers.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid