Sewe Tekens van Wandel in die Heilige GeesVoorbeeld

Toe die Heilige Gees op Saul gekom het, het hy saam met Samuel gaan oorlog voer. Die koning se vennoot was 'n profeet. Daar was 'n wonderlike verhouding tussen hulle terwyl Saul in die Heilige Gees gewandel het. Toe Saul begin het om aan die Here ongehoorsaam te wees, het dit Samuel geweldig mismoedig gemaak en wrywing in hul verhouding veroorsaak. Saul het probleme met gesag ontwikkel.
Ons kan nie in salwing wandel en terselfdertyd gesag teenstaan nie. Vergelyk vir Dawid met Saul. Dawid wat vol van die Heilige Gees was, het hom aan sy vader onderwerp wat hom gestuur het om kos aan sy broers op die slagveld te neem. Dawid het nie gegaan om teen Goliat te veg nie; hy het 'n takie vir sy pa gaan verrig. Dis met sy aankoms wat hy gehoor het hoe die reus die almagtige Naam van God bespot het en gevolglik vir Saul toestemming gevra het om teen die reus te veg. Dawid het gebrekkige gesag soos dié van Saul geëer deur toestemming te vra. Alhoewel Dawid in Israel beroemd geword het en geleenthede gehad het om aan sy vyand te doen net wat hy wou, het hy nooit sy hand gelig om Saul dood te maak nie, omdat hy deur die profeet Samuel gesalf is. Dawid is ook gesalf en het 'n roeping gehad om te vervul, maar Saul het sy lewe vreeslik moeilik gemaak. By geleentheid het Dawid onder die dekmantel van die donkerte 'n stuk van Saul se kleed afgesny om 'n punt te bewys dat hy geen kwaad aan Saul wou doen nie. Selfs daardie daad om 'n klein stukkie van Saul se kleed af te sny, het oortuiging in Dawid se sagte hart gebring. Dawid het gesag geëer selfs toe gesag hom nie geëer het nie. Dit is die teken van 'n lewe wat vol van die Heilige Gees is. Saul daarenteen het probleme met gesag gehad nadat hy nie langer in die Heilige Gees gewandel het nie.
Ons moet ons aan gesag onderwerp, eerder as om daarteen te veg. Wanneer ons die owerhede vereer, openbaar dit dat ons die Heilige Gees vereer. Onthou, ons kan nie in gesag wandel as ons daarteen rebelleer nie.
Kom ons bid saam.
Heilige Gees, vervang die donkerte in my met u tere lig.
Aangaande hierdie leesplan

Alle Christene het 'n verhouding met die Heilige Gees, maar nie alle Christene het intimiteit met Hom nie. Daar is 'n verskil tussen 'n verhouding en intimiteit. 'n Verhouding met die Heilige Gees ontstaan gedurende verlossing. Intimiteit ontstaan egter eers wanneer ons ons lewens aan die Heilige Gees oorgee.
More