Leesplan inligting

Handelinge - In Sy Krag: Gister en VandagVoorbeeld

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

DAG 1 VAN 44

Inleiding: 

Die verspreiding van die evangelie

Jesus het sy volgelinge beveel om sy getuies te wees "in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld." (Handelinge 1:8) Die boek Handelinge is 'n verslag van al die dinge wat Jesus se dissipels gedoen het as getuies van sy lewe, dood en opstanding.

Die boek Handelinge is geskryf deur Lukas, wat beide die evangelies van Lukas en Handelinge aan sy vriend Theophilus geskryf het, om hom te leer aangaande die gebeure rondom Christus se lewe en die lewens van sy volgelinge na die dood van Jesus. Lukas was 'n metgesel van Paulus op sommige van sy sendingreise. Handelinge begin waar die boek Lukas eindig, met die hemelvaart van Jesus en die dissipels wat wag op die uitstorting van die Heilige Gees.

Na Pinksterdag het die dissipels uitgegaan om die evangelie van Christus te verkondig. Toe die vervolging begin, het die gelowiges van Jerusalem na Judea en Samaria versprei. 'n Man met die naam Saulus, was 'n leier in die vervolging van die Christene. Na sy dramatiese bekering het Saulus 'n leier in die kerk geword. Na sy bekering het hy bekend gestaan as Paulus .Die oorblywende hoofstukke van Handelinge beskryf sy sendingreise deur die Romeinse Ryk om die Goeie Nuus van Jesus Christus te verkondig. Die boek Handelinge eindig met ‘n verslag van sy gevangenskap, maar impliseer dat die verspreiding van die evangelie eers toe werklik begin het.

Soos ons meer oor die vroeë kerk leer, kan ons kreatiewe maniere vind om die evangelie te versprei en ander gelowiges te bemoedig. Ons sal bemoediging vind vir moeilike tye, wanneer ons lees hoe die apostels vervolging, tronkstraf en selfs die dood verduur het, ter wille van die evangelie. Ons sal uitgedaag word in ons geloof en ons werk om die evangelie te versprei en dissipels van alle nasies te maak.

Die boek Handelinge is 'n groot aanmoediging vir ons om God lief te hê. Soos ons die geskiedenis van die verspreiding van die evangelie lees, kan ons aangespoor word om die goeie nuus in ons gemeenskappe, en daar waar ons ‘n verskil kan maak, te deel. Alhoewel hulle vervolging verduur het, was die dissipels standvastig in hulle missie om die nuus van Christus met die wêreld te deel. Ons kan volhard wanneer ons beproewings en vervolging in die gesig staar, omdat ons weet dat daar geen hoër doel vir ons lewens is as om getuies te wees van Jesus se lewe, dood en opstanding nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evang...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid