Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 9 VAN 9

Dag 9 - 'n Vriend vir God



Kom ons dink laastens na oor wat dit beteken om 'n vriend vir God te wees. As ons nadink oor natuurlike vriendskappe, watter vriendskap hou baie lank as dit net eensydig is? Wanneer albei van ons ongesond is, sal dit dalk langer hou as wat dit behoort, maar enige goeie vriendskap vereis insette en liefde van beide partye.  



Met dit in gedagte, onthou dat God nogal 'n hoë standaard van liefde teenoor ons stel. Net soos enige ander vriendskap, moet ons soms maar eers die ander persoon leer ken voordat ons hulle regtig inlaat. God is groothartig genoeg om dinge altyd eerste te doen. Hy het ons eerste liefgehad. Hy het eerste gesterf en ons toe genooi om Hom te volg. Hoe meer ons weet dat Hy ons liefhet, hoe meer gee dit ons 'n dwingende rede om Hom ook lief te hê. Dit moet egter nie uit dwang wees nie, maar uit vreugde.  



Net soos met enige ander vriend, wil God hê ons moet Hom ken ... en nie slegs baie van Hom weet nie. Sommige van my gunsteling gesprekke met Hom, het ontstaan uit vrae oor Hom waarvan ons niks weet nie. Byvoorbeeld, vra Hom hoe Hy dit reggekry het om nooit te sondig toe Hy 'n tiener was nie. Vra Hom waarvan Hy hou of nie hou nie. Luister dan wat Hy sê. 



Bepaal vandag of jy groei in jou kennis van God en of jy maar net van Hom kennis dra. Begin om 'n lysie te maak van wat jy graag wil hê Hy oor Homself moet vertel. Hoe kan jy begin om ook vir Hom 'n goeie vriend te wees? Dink na oor die liefde uitdrukkings en hoe jy hulle op God van toepassing kan maak.  


Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid