Leesplan inligting

Vriendskap Met GodVoorbeeld

Friendship With God

DAG 1 VAN 9




Dag 1 — Vriendskap met God



Nadat die apostels Jesus vir jare gevolg het, na Hom geluister en van Hom geleer het, draai Hy om en noem hulle vriende. Ons vind ook regdeur die Skrif dat daar ander is wat vriende van God genoem is: Moses, Abraham en Lasarus, om maar 'n paar op te noem. Wat 'n merkwaardige eer om die vriend van God genoem te word! Het jy egter geweet dat jy ook God se vriend genoem kan word?  



In Johannes 15 wend Jesus Hom tot sy dissipels en sê dat almal wat doen wat Hy beveel, sy vriende is. Sou jy dit in 'n wêreldse lig beskou, kan dit moeilik wees om "gehoorsaam" en "vriendskap" in dieselfde sin te sien en dat hulle dieselfde persoon beskryf. MAAR ... God is nou nie soos ons nie, is Hy?  



Hy is anderwêrelds. Hy dink anders as ons. Hy redeneer anders as ons. Hy het die asem van lewe in ons geblaas en Hy onderhou ons met dieselfde asem. Hy is die enigste wat gehoorsaamheid kan eis en ons dan vriende noem wanneer ons dit doen. Ons word genooi om sy vriend te wees, wat beteken dat verhoudings vir Hom belangrik is.  



Oor die volgende nege dae gaan ons kyk na verskeie maniere hoe ons God se vriend kan word. Elke dag is daar 'n vraag om oor na te dink. 



Dink vandag 'n paar minute na oor hoe jy 'n goeie vriendskap sou beskryf. Wat is die eienskappe van 'n goeie vriendskap?  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Friendship With God

Vriendskap met God handel oor wat dit behels om 'n verhouding met God te kweek. Regdeur die Skrif vind ons baie name vir God. Trooster, Here, Beskermer, Voorsiener, en nog ander. Een van die name wat Hy Homself genoem he...

More

Baie dankie aan Lifeway Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://everydayformation.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid