Hartseer Stukkies: Hoop vir die FeestydVoorbeeld

Grief Bites: Hope for the Holidays

DAG 5 VAN 5

Hoe kan jy betekenisvolle feestye skep wat met vrede gevul is, ongeag van wat in die lewe gebeur?

Wanneer jy deur die rouproses gaan, veral na die verlies van 'n geliefde of 'n verhouding met 'n geliefde, is dit 'n baie pynlike ervaring om 'n "nuwe normaal" te skep ... veral tydens die feestydperk. Dit neem beslis tyd.

As jy nog binne die eerste paar maande of eerste jaar na die verlies van jou geliefde is, voel jy waarskynlik baie hartseer en is jy nie presies seker hoe om te beplan of om deur hierdie feestyd te kom nie. Sommige voel waarskynlik nie lus om enigiets te doen nie, allermins om betekenisvolle tye vir die feestyd te beplan.

Soms is die beste ding wat jy tydens jou rouproses kan doen, om jouself toestemming te gee om stilletjies by God toenadering te soek en die feestydperk hoofsaaklik saam met Hom deur te bring, terwyl jy tyd in gebed met Hom deurbring en sy liefde geniet.

Sommige het die vermoë om Kersfees soos oudergewoonte te geniet, deur al die prettige en onvergeetlike aktiwiteite en tradisies wat hulle altyd saam met hulle geliefdes gedoen het ... en dit is 'n wonderlike geskenk!

Ander bevind hulleself dalk iewers tussen die twee voorbeelde ... met 'n begeerte vir die normale tradisies, maar ook die begeerte om alleen te wees as gevolg van die moeilike tyd en gevoelens van groot hartseer.

Enigeen is in orde, want rou is nie 'n ervaring wat vir almal dieselfde is nie. Daar is nie 'n "verkeerde antwoord" nie. God lei en rig elke rouproses op 'n unieke manier.

Persoonlik het ek gevind, hoe meer ek op God en die "ware rede vir die Kerstydperk" fokus, kan ek Kersfees beter geniet. Ek het ook agtergekom, wanneer ek doelbewus liefde op ander tydens die feestyd uitstort, met 'n mengsel van die ou en nuwe tradisies, word die feestyd minder van 'n gevreesde las.

Hoe skep jy spesiale herinneringe vir die feestyd terwyl jy na jou geliefdes verlang of deur 'n uitdagende tyd in jou lewe gaan?

Deur God se hulp te vra om jou verby die seer te laat kyk (terwyl jy die hartseer en droefheid aanvaar en hanteer). Om doelbewus nuwe betekenis aan tradisies in die feestyd te heg, kan moeilik wees; maar dit kan uiteindelik waardevol wees ... en uiters genesend.

Hier is 'n paar voorbeelde:

Toe ek klein was, onthou ek hoe my pa ons hele gesin ons slaapklere laat aantrek het, sodat ons saam na die kersliggies kon gaan kyk. Nadat ek 'n kind van my eie gekry het, het ons altyd hierdie spesiale tradisie voortgesit deur ons nagklere aan te trek en na die kersliggies te gaan kyk. Ons doen dit nou al vir twee dekades.

Nog 'n tradisie waarvoor ek baie lief is, is om my suster se gunsteling Kersfees lekkernye te maak. Ek kyk dan wie in my familie en vriendekring seer het en verras hulle met 'n skinkbord wat oorloop van Kersfees lekkernye. Ek is lief daarvoor om ander te bemoedig tydens die feestydperk en bied hulle 'n onderbreking in hulle droefheid.

'n Jong dame in my rou-groep, wat die dood van haar klein dogtertjie ervaar het, het my meegedeel dat die feestyd vir die eerste vyf jaar na die kind se dood 'n marteling was. Hierdie spesiale jong dame neem toe 'n engel aan — sy het 'n dogtertjie in haar plaaslike Engelboom gesoek wat op dieselfde dag as haar dogtertjie gebore is. Nou koop sy vir die behoeftige kind geskenke ter ere van haar dogtertjie.

Dit is ook heeltemal in orde om 'n kers aan te steek ter ere van jou geliefde. Ek het 'n goeie vriendin wat na my rou-groep toe kom, (sy is ook 'n Droefheid Stukkies leier) wat 'n kers aansteek en 'n foto van haar ouers by die spesiale kerse plaas. Dit is 'n wonderlike manier om 'n geliefde elke feestydperk te onthou.

Vra God hoe Hy sal wil hê jy die feestyd moet deurbring. Dit is dalk 'n ontspanne, stil feestyd waar jy hoofsaaklik tyd saam met Hom deurbring ... dit mag dalk insluit dat jy 'n bron van liefde en bemoediging aan ander moet wees ... dit mag dalk wees om dit te vier presies net soos in die verlede ... dit mag eenvoudig wees om tyd saam met jou geliefdes deur te bring (en dit te geniet) ... dit mag dalk die beste wees om bietjie uit die dorp weg te kom ... of dit mag selfs 'n kombinasie van al hierdie dinge wees.

Hoe jy ook al kies om hierdie feestyd deur te bring, bid ek dat jy altyd persoonlik sal weet hoeveel God werklik vir jou omgee. Ek bid dat sy hoop en liefde 'n egte ervaring sal wees. Ek wens ook vir almal liefde, genesing en vrede toe!

Mag hierdie feestydperk gevul wees met warm, spesiale herinneringe ... en veral HOOP!

Het jy die GROOTSTE geskenk ontvang ... 'n verhouding met Jesus Christus?
Staan vandag tyd af om Lukas 2:1-21 en Johannes 3:16 te lees om die beste Geskenk te ontvang wat enigiemand ooit vir jou kan gee. Jesus wag vir jou met ope arms om jou te aanvaar – net soos jy is – en al jou sondes te vergewe. Al wat jy moet doen is om 'n eerlike gesprek met God te hê, deur Jesus te vra om in jou hart in te kom en jou splinternuut te maak!

As jy bykomende hoop en bemoediging nodig het, nooi ek jou uit om van ons ander leesplanne te lees:

•Droefheid Stukkies: Vind Skatte In Swaarkry •Droefheid Stukkies: 'n Nuwe Benadering Om Deur Die Rouproses Te Groei •Droefheid Stukkies: Twyfel Onthul •Sing Deur Die Storm

Ons bied ook daaglikse bemoediging op ons webjoernaal en Facebook-blad:
•www.griefbites.com
•www.facebook.com/GettingYourBreathBackAfterGrief

Jy is waardevol en God gee innig baie om oor jou hartseer! Ek gee ook innig baie om oor jou hartseer en bid dat God jou hart en lewe liefdevol sal genees!
Onthou altyd hoe baie God vir jou omgee! Hy het jou so baie lief dat Hy eintlik oor jou jubel en vol vreugde oor jou is met 'n hart vol van blydskap! Jy is sy hart se vreugde! Moet nooit vergeet hoe baie Hy jou liefhet nie en geniet hierdie feestydperk ten volle saam met Hom!

Gebed:
"Dierbare genadige hemelse Vader, ek vra U om vandag en in die dae wat kom, wonderlike werk in elke persoon se hart te doen. Wanneer droefheid hulle oorweldig, vra ek dat U hulle sal toedraai in u liefde en hulle harte innig sal troos. Wanneer die dae moeilik is, vra ek dat U hulle deur hulle hartseer en laste sal dra. Ek bid dat U elkeen van hulle met u kosbare HOOP sal vul.
Gee hulle asseblief die geskenk van 'n betekenisvolle, spesiale feestydperk, veral saam met U. As hulle U nog nooit as hulle Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie, bid ek dat U hulle sal lei en rig na die beste geskenk ooit — Jesus! Ons is lief vir U, Here en dank U by voorbaat vir alles wat U gaan doen. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen!"

Hierdie oordenking © 2015 is deur Kim Niles/Grief Bites geskryf. Alle regte word voorbehou. Gebruik met toestemming.

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Hope for the Holidays

Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.

More

Ons bedank graag vir Kim Niles, skrywer van Getting Your breath Back After Life Knocks It Out of You, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: www.griefbites.com