Hartseer Stukkies: Hoop vir die FeestydVoorbeeld

Grief Bites: Hope for the Holidays

DAG 3 VAN 5

Wanneer 'n mens die verlies van 'n verhouding as gevolg van 'n geliefde se dood, egskeiding of gesinskonflik moet verwerk, kan die feestyd heeltemal sy hoop, vreugde en sprankel verloor.

Een van die moeilikste en hartverskeurende vrae wat 'n bedroefde persoon gedurende hierdie uitdagende tyd mag hê, is: "Hoe kan ek die feestyd vier en steeds my kosbare geliefdes onthou en eer, wat nou die feestyd in die hemel saam met God vier?"

Nóg 'n pynlike vraag wat iemand kan hê (wat die dood van 'n geliefde, egskeiding of gesinskonflik deurmaak), is: "Hoe kom ek deur die feestyd wanneer ek soveel hartseer voel, en hoe kom ek deur die feestyd wanneer ek so vreeslik na my geliefde verlang?"

Die feestyd is vreeslik moeilik vir diegene wat diepe hartseer beleef as gevolg van 'n geliefde se dood, egskeiding, gesinskonflik of vervreemding.

Bedroefdes het 'n diepe verlange na hulle geliefdes en die feestyd hou soveel herinneringe in; maar nou bring daardie wonderlike herinneringe van die verlede net intense hartseer. Tradisies wat eens kosbaar was, veroorsaak nou seer en pyn omdat 'n geliefde nie meer daar is of nie meer daar wil wees, om dit saam te ervaar nie.

Ek het gevind dat mens slegs deur God se genade hierdie moeilike dae en hartseer van die feestyd kan verwerk ... met sy daaglikse liefde, hulp en bemoediging.
Vra God nou dadelik om jou hart te vertroos en te genees, en vra Hom vir oorvloedige bemoediging deur hierdie feestydperk ... stap vir stap ... dag vir dag ... oomblik vir oomblik ... gebeurtenis tot gebeurtenis. Hy is aan jou sy en sal jou selfs dra.

Wat moet 'n persoon wat rou dan met tradisies doen?

As jy voel dat jy met jou normale tradisies wil voortgaan, doen dit gerus, doen dit ... en moenie skuldig voel as jy jouself toelaat om vreugde te ervaar nie. Jou geliefde(s) het dit geniet om te sien hoe vol vreugde jy was toe hulle daar was. Hulle sou steeds daarvan hou om te sien hoe vol vreugde jy nou is, selfs terwyl jy jou hartseer verwerk.

As jy nie kans sien vir jou normale tradisies nie, eer jou droefheid deur jouself die vryheid te gun om te voel wat jy nodig het om te voel. Moet asseblief nie skuldig voel oor die behoefte aan 'n baie meer ontspanne en rustige feestydperk nie.

Albei is toepaslike reaksies op droefheid.

Moet asseblief nie onder dwang voel om enigiets te doen of te voel nie, of om toe te laat dat druk jou iets laat doen wat nie jou rouproses eer nie.

Sommige mense wat rou mag dalk 'n tradisie wil volhou wat hulle saam met hulle geliefdes geniet het, as 'n manier om hulle te onthou en te eer, terwyl dit vir iemand anders op hierdie stadium te pynlik is.

Praat met jou oorblywende geliefdes en vertel hulle wat in jou hart is en hoe jy voel. Vra hulle vir hulle liefde en ondersteuning gedurende die feestyd.
Omring jouself met baie ondersteuning!
As daar 'n kerk naby jou is wat 'n ondersteuningsgroep vir mense het wat deur die rouproses gaan, soos PatchSA of YouAreNotAlone, moedig ek jou heelhartig aan om by hulle aan te sluit.

Daar is 'n tyd vir alles, insluitende die soeke na bemoediging en ondersteuning en God is getrou om jou deur elke tydperk van jou lewe te dra. Vereer God en jou droefheid.
Laat God toe om jou rou en hartseer te lei en te rig en vra Hom om jou te wys hoe om tradisies in hierdie tydperk van jou lewe te hanteer.

Die volgende twee dae gaan ek idees voorstel hoe om nie net deur die feestyd te kom nie, maar ook hoe om vrede en betekenisvolle oomblikke tydens die feestyd te ervaar.

Nooi God onmiddellik uit om 'n welkome, kosbare Vriend tydens die feestyd te wees en in die dae wat kom.

Gebed:
"Dierbare genadige hemelse Vader, ek dank U dat ek nie alleen deur die feestyd hoef te gaan nie. Ek dank U vir 'n hart van diepe dankbaarheid omdat U altyd daar is vir my en my liefhet, en my nooit, ooit sal verlaat nie. Abba Vader, help my asseblief elke liewe dag terwyl ek deur my rouproses en droefheid gaan. Help my om my geliefdes in liefdevolle herinnering te eer, om alles wat my hart gevange hou, vry te laat en om duidelik u goedheid en seëninge deur hierdie storm wat ek in my lewe ervaar, te sien.
Ek is lief vir U, Here, en ek prys u heilige Naam. Ek bid in die Naam van Jesus. Amen."

Hierdie © 2015 oordenking is verskaf deur Kim Niles/Grief Bites. Alle regte word voorbehou. Gebruik met toestemming.

Aangaande hierdie leesplan

Grief Bites: Hope for the Holidays

Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.

More

Ons bedank graag vir Kim Niles, skrywer van Getting Your breath Back After Life Knocks It Out of You, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: www.griefbites.com