Leesplan inligting

7 Dae van DeurbraakVoorbeeld

7 Dae van Deurbraak

DAG 7 VAN 7

DAG 7:


Gen 2:1-4


Om te rus is seker een van die moeilikste uitvoerbare aksies in ons lewe. Ons almal smag na meer rus, maar vul ons lewe met dinge wat dit leegtap. Die meeste van ons het 'n wanbegrip van wat rus is. Rus is nie om in die verte te sit en staar nie. Rus is nie om heeldag in die bed te lê nie. 


Rus is wanneer ons ons aandag op God fokus en tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Die lewe gaan aan en ons het ons normale verantwoordelikhede. Of dit nou is om kinders te versorg, kos te maak of om die huis op te ruim. Die rus kom as ons tyd saam by God deurbring en aan sy voete sit.


· Rus bring vrede. 


· Rus bring perspektief. 


· Rus bring deurbrake


Dit is vanselfsprekend wat dag sewe vir ons sê: RUS


Fokus op God en wees dankbaar vir alles wat Hy vir jou doen. Sit stil en besef net weer dat God alles in sy hand het en dat Hy vir sy kinders sorg. 


Wanneer laas het jy ‘n ruskans geneem om te besef hoe groot God is? Wanneer laas het jy stilgesit by God se voete sonder dat werk jou dryf? 


Wanneer jy STIL raak kan jy God se deurbraak vir jou lewe ervaar.


Dag 7 - GOD GEE RUS





Sewe dae van deurbraak. 


Ek glo dat God in en deur alles wil sien dat ons deurbrake ervaar. WEES GEHOORSAAM AAN DIE SKEPPER. God weet wat om te doen, hoe om dit te doen en wanneer om dit te doen. Wees geduldig en vertrou God.





Geniet jou deurbrake wat voorlê!!!

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ligenlewe.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid