Leesplan inligting

7 Dae van DeurbraakVoorbeeld

7 Dae van Deurbraak

DAG 2 VAN 7

DAG 2:


Gen 1:6-8


God skep die LUG, die atmosfeer. 


“Die atmosfeer is nodig vir die oordrag en verspreiding van klank. As daar geen atmosfeer was nie, kan die klokkie lui, die kanon afgevuur word, duisend stemme kan die musiek van die soetste lofsang laat hoor, maar nie die vaagste klank hoor nie. Dus sou alle kommersiële, opvoedkundige en sosiale omgang eindig, want die mens sou mekaar nie kon hoor praat nie. Ons dink selde aan die waarde van die atmosfeer rondom ons, nooit gesien of selde gevoel nie, maar waarsonder die wêreld 'n groot graf sou wees.' 


Die atmosfeer:


· help in die proses van kondensasie


· verander en maak die lig van die son mooier.


· onderhou die lewe.


Hoe help dit my om deurbraak te beleef wanneer ek na dag twee kyk?


Wanneer ons na die gedeelte hier bo kyk, wat verwys na klank, dan moet ons besef dat die stem van God gehoor moet word. Daar is baie stemme en klanke daarbuite, maar as ons deurbraak wil beleef in ons lewe, moet ons na God se stem luister. 


Ek onthou toe ek klein was kon ek my ouers se stemme uitken tussen ander. Die rede hoekom jy mense naby aan jou se stemme so goed ken, is omdat ons baie ure saam deurbring. 


Net so is dit belangrik om tyd met God deur te bring, sodat ons sy stem kan ken en weet wanneer Hy met ons praat. Die ander stemme van die lewe sal dan nie jou aandag aftrek nie. Wanneer 'n geliefde jou roep reageer jy. Reageer jy wanneer God jou roep?


God se stem bring lewe in jou situasie.


DAG 2 = LUISTER NA GOD SE STEM

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Dae van Deurbraak

Ons almal wil deurbraak ervaar in ons lewe, maar wat kan ek doen om dit te beleef?

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.ligenlewe.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid