Leesplan inligting

Wees Lief Vir MekaarVoorbeeld

Love One Another

DAG 5 VAN 5

Inderdaad Vry. 



"Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees" (Johannes 8:36).



Laat die Seun jou vrymaak. Johannes 8:36 verklaar: "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees." Liefde stel vry. Liefde het geen grense nie. Liefde sal jou onvoorwaardelik vrystel. Christus sal jou hart vrystel. Kies om ander nie gyselaar te hou in slawerny van die verlede nie. Kies om te vergewe. Kies om jouself vry te maak van die verlede. Stel ander vry. Stel jou familie vry van die slawerny van die verlede. Vryheid is 'n keuse. 



Matteus 18:21-35 vertel die verhaal van 'n koning wat een van sy slawe van 'n groot skuld (miljoene rand) kwytgeskeld het. Wanneer die koning sy slaaf kwytskeld van die skuld, word die slaaf en sy hele gesin vrygestel van die skuldlas. Die slaaf se hele gesin het hul vryheid teruggekry. Om te vergewe, verlos ons van slawerny. Om te vergewe, verlos ons en ander van die las van die verlede. Om ander te vergewe, sal jou vrystel. 



Snaaks genoeg, kort nadat die koning die slaaf vrygestel het van sy skuldlas, het dié einste slaaf 'n ander slaaf wat hóm geld geskuld het (net 'n paar rand — aansienlik minder as miljoene) gewurg en aangedring dat die slaaf sy skuld vereffen. Hy het die slaaf in die tronk laat gooi omdat hy nie die skuld kon vereffen nie. Wie sou jy in die tronk laat gooi het?



God het jou van so baie vergewe. God het jou vergewe van 'n skuld was jy nie kan terugbetaal nie — so hoekom sal jy ander in die tronk van die verlede laat gooi? Kies dat  liefde in jou hart heers. Kies dat liefde jou aksies aanspoor. Kies om te vergewe en die verlede te vergeet. Laat vaar jou verlede en laat liefde floreer. Kies om na Christus toe te beweeg. 



Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Ontdek ander hulpbronne van Vance K. Jackson.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love One Another

Vance K. Jackson lei ons in hierdie kragtige en bevrydende toewyding, Wees Lief vir Mekaar. Kies om lief te hê in tye van chaos. Kies om lief te hê in tye van onsekerheid. Kies om lief te hê wanneer dit nie maklik is nie...

More

Ons bedank graag vir Vance K. Jackson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.VanceKJackson.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid