Leesplan inligting

Paasfees: As die Graf Kon PraatVoorbeeld

Easter: If the Grave Could Talk

DAG 4 VAN 6

Al Wat Saak Maak Is die NOU



Dis jou wêreld. JLNEK. Jy leef net een keer. Jy is mal oor vrae oor jou huidige suksesse. Wat is jou nettowaarde? Wat het jy al in jou lewe vermag? Hoeveel het jy al vir aftrede gespaar? Watter toekennings het jy al verwerf? Hoe ver is jy al op by die korporatiewe leer? Watter vakansies en ervarings kon jy al vir jou kinders gee? Al wat saak maak, is nóú. Jy bestee 17 tot 20 jaar aan studies en vir 40 tot 50 jaar werk jy om die Groot Droom te bereik. En dan wat? Wel, jy sterf. Jou besittings bly agter en mense baklei oor wie wat gaan erf, net soos jou familie oor jou ouma se juweliersware of oupa se gereedskapstel baklei het. Het jy al ooit daaraan gedink? Jy wy jou lewe daaraan om 'n inventaris van dinge op te bou wat jy nie eens kan saamneem wanneer jy sterf nie. As die graf kon praat, sou dit sê: "Al wat saak maak, is nóú."



Dan is daar egter Jesus, die Man wat die graf oorwin het. Jesus, Wie se huis die hemel is, het gekies om tydelik hier op aarde saam met ons te kom woon. Dit was net 'n pouse op sy reis. Jesus het vir 33 op aarde geleef en toe teruggekeer om by sy Vader in die hemel te wees. Hy was nie vir lank hier nie, omdat die lewe net tydelik is. Die goed wat ons opgaar, maak nie saak wanneer ons in die hemel kom nie. Al wat dan saak maak, is dat ons 'n verhouding met Jesus het en soveel as moontlik gedoen het om sy Naam te verhoog gedurende ons tydjie op aarde. Die ewigheid maak meer saak as die nou. Sý graf sê: "Vestig jou oë op die ewigheid, en jou hart op die hemel.”



BID: “Jesus, dis so moeilik om nie die GROOT DROOM na te streef nie. Help my om meer aan U te dink as aan my besittings en prestasies. Jesus, ek wil hê dat U ál moet wees wat ek nodig het."


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Easter: If the Grave Could Talk

Ons almal het een gemene deler: ons gaan sterf. Ek gaan sterf. Jy gaan sterf. Die dood sal jou oorwin. Jy sal dit nie kan ontduik, systap, of laat verdwyn nie. Dan is daar egter Jesus, die Man wat wel die dood oorwin het...

More

Baie dankie aan Stonecreek Church wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.stonecreek.church vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid