Leesplan inligting

Ek is BemoedigendVoorbeeld

I'm Encouraging

DAG 4 VAN 4

Bemoedig Jouself



Die teoloog, Charles H. Spurgeon, verwys na Psalm 42 wanneer hy sê: “Meeste van die Here se familie het al op die see gevaar wat hier so grafies voorgestel word.” Koning Dawid het Psalm 42 deels geskryf as 'n brief aan God wat smeek om sy teenwoordigheid, en deels as 'n brief aan homself om hom in sy eie geloof te bemoedig. Hy skryf herhaaldelik waarom hy ontsteld is. Hy kom herhaaldelik tot die gevolgtrekking dat hy moet voortgaan om God te vertrou. Hierdie eerlike gesprek met God en homself was koning Dawid se grootste wapen om die moedeloosheid uit te wis wat gedreig het om hom stil te maak.



In vers 6 (AFR83) vra Dawid sy eie siel waarom dit so in vertwyfeling is. Spurgeon sê hierop: “Asof hy twee mans is, praat die psalmis met homself. Sy geloof redeneer met sy vrese, sy hoop argumenteer met sy smarte.”



Soms bevind ons onsself ook waar ons op Dawid se see vaar, wanneer gevegte van buite en vrese van binne met ons hoop argumenteer. Dit is presies wanneer ons genoeg opgebergde hoop en moed gereed moet hê om in werking te stel. In Psalm 119:11 vind ons dat dit koning Dawid se strategie was om God se waarheid in sy hart weg te steek. Watter Bybelse waarhede sal jy in jou hart wegsteek? Miskien: “Vader, ek verstaan dit nie, maar ek vertrou U.” Of: “Vader, U het my so ver gebring. U sal my nie nou verlaat nie” Of dalk sal jou waarheid wees: “Ek weet die pyn wat ek tans verduur kan nie eens vergelyk word met my toekomstige oorwinning nie.”



Probeer dit: Kies 'n Skrifgedeelte om jouself en ander hierdie week te bemoedig.


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

I'm Encouraging

Om ander te bemoedig, is meer as om net 'n rasieleier te wees. Laat hierdie 4-dag leesplan van Life.Church jou help om die skoonheid en krag van bemoediging te ontdek. Begin lees uit deel drie van die reeks "Bly Positief...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid