Die Nuwe Testament in 90 DaeVoorbeeld

The New Testament in 90 Days

DAG 23 VAN 90

Inleiding tot Johannes

Hierdie boek is deur Johannes, een van Jesus se 12 dissipels, geskryf. Saam met Petrus en Jakobus, was Johannes 'n deel van Jesus se "binnekring." Hierdie drie manne was die naaste aan Jesus. Johannes en sy broer, Jakobus, was ook bekend as die "Seuns van die Donder". 

Baie geleerdes beweer dat Johannes sy boek tussen 85-90 n.C. geskryf het, wat beteken dit was na die vernietiging van Jerusalem wat gedurende 70 n.C. plaasgevind het. Sy doel met die evangelie was dat ongelowiges weergebore moes word en gelowiges sekerheid in hul geloof sou vind. Johannes skryf meer oor die Godheid van Jesus as die ander drie evangelies. Meer as 90% van Johannes se evangelie is uniek en kom glad nie in die ander drie evangelies voor nie. In sy boek, verwys Johannes na homself as "die een vir wie Jesus baie lief was", wat hedendaagse gelowiges dikwels komies vind.

Aangaande hierdie leesplan

The New Testament in 90 Days

Reis oor die volgende 90 dae deur die 260 hoofstukke van die Nuwe Testament. Vanaf die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes tot by die laaste boek, Die Openbaring, sal God met jou praat regdeur die leringe van hulle wat deur ons Verlosser herskep is.

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.