Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 2 VAN 23

God Wil Jou Red, Nie Met Jou Raas Nie


Om God te ken sal jou hele uitkyk op die lewe verander. Jy sal God nie langer sien as iemand wat uit die hemel na jou afkyk en roep: "Uitgevang!" elke keer wat jy oortree nie.


God wil graag hê jou lewe moet suksesvol wees. Hy het jou vir 'n doel geskep, daarom wil Hy hê jy moet sukses behaal. Dit is God, jou Skepper, wat die sukses in jou lewe gaan evalueer en niemand anders nie.


Dit is uiters goeie nuus!


Dit beteken jy hoef nie vir God bang te wees nie, want Hy staan bankvas agter jou. Tog is sommige mense so bang vir God dat hulle senuagtig raak, bloot om van Hom te praat. Weet jy hoekom? Hulle voel skuldig en begin dink dan: "As ek naby God kom, gaan Hy vir my 'n preek afsteek. Hy gaan my herinner aan alles wat ek verkeerd gedoen het en dan gaan ek nog slegter voel!"


Niks kan verder van God se waarheid wees nie. In Johannes 3:17 staan: "God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word." Jesus sê dus eintlik: "Ek het nie gekom om met jou te raas nie, maar om jou te red."


Jesus het gekom om ons te verlos, nie te verskrik nie.


Trouens, dis nie ongewoon om in die Bybel te sien, wanneer God 'n boodskap aan iemand stuur, begin dit met: "Moenie bevrees wees nie." Daar is 365 boodskappe in die Bybel van God af wat met 'n frase begin soos: "Moenie bang wees nie!" Dit beteken dat ons elke dag van die jaar 'n boodskap van God kan lees waarin Hy in werklikheid vir ons sê: "Jy hoef nie bang te wees nie. Ek ondersteun jou; Ek is by jou; Ek het jou lief."


Hoe sal jou lewe verander as jy voortdurend glo dat God vir jou is? Vra God om jou uit jou ongeloof te help.


Luister na vandag se klankonderrig van Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid