21-Dae van Gebed vir Vriende Voorbeeld

Gebedsgids
1 Korintiërs 3:6-7
"Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei."
Gebed:
Vader, ek dank U dat ek nie die enigste een is wat vir _______________________ bid nie. U het, in u voorsienigheid, mense wat in _______________________ se lewe werk. Ek bid dat die lig van die evangelie deur daardie mense sal skyn wanneer hulle op 'n daaglikse basis met _______________________ omgaan. Ek bid dat al hierdie getuies in sy/haar lewe na Christus sal wys en dat U die saad van u Woord sal laat groei, wortel skiet en vrug dra, tot u eer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Dis dikwels vir ons moeilik om die evangelie met vriende te deel. Ons word óf deur vrees oorweldig, óf weet nie wat om te deel nie. Ons het almal 'n sielelas nodig om ons verlore vriende vir Christus te bereik. Hierdie is 'n 21-dae oordenking wat ons help om spesifiek na te dink oor Skrifgedeeltes wat verband hou met evangelisasie, en dit gaan gepaard met 'n kort gebed vir elke dag.
More
Verwante Leesplanne

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Onbeperkte Liefde

Hoe Kosher is Jou Evangelisasie?

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)

Ons wag op 'n redder
