Leesplan inligting

Wat Behels Aanbidding?Voorbeeld

Wat Behels Aanbidding?

DAG 7 VAN 7

Ons aanbid deur ons wil aan God te onderwerp.

Ons moet nooit rus voordat alles in ons nie vir God aanbid nie. — A.W. Tozer

Daardie stelling van Tozer is 'n moeilike opdrag, is dit nie? "Alles in ons, Vader? Regtig? Wat van omtrent 73% van ons binneste? Is dit genoeg? Kan ons 27% van ons eie wil behou en dinge op ons manier doen?" Ons kan, maar dit sal beter wees as ons alles oorgee. Moenie mislei word nie: jy is alles behalwe 'n swakkeling as jy jou wil oorgee. Dis een van die mees uitputtende dinge wat jy ooit sal doen. Dit kan egter ook terselfdertyd een van die mees bevrydende en vreedsame dade wees.

Ons word van alle kante af gebombardeer deur dinge wat om ons aandag meeding. En nie net dinge nie, maar geleenthede, idees, drome, denke en planne wat wonderlik lyk. Hulle kom voor om sin te maak in 'n samelewing wat hulself teen God gepantser het. God roep ons egter om 'n hoër standaard te handhaaf.

Ons moet ons eie agenda vergeet en die een aanhang wat 'n hoër doel het.

Een wat ons aan "Sy goeie, aanneemlike en volmaakte wil" sal bekendstel.

As volgelinge van Christus, is ons geroep om sy doel te vervul en nie ons s'n nie. Om Hom met ons hele hart lief te hê, ongeag al die ander dinge wat om ons toewyding meeding. Om ander lief te hê soos onsself. (En dis baie gevra.) Om sy Naam bekend te maak en op sy nalatenskap voort te bou, eerder as om te verseker dat ons naam bekend raak.

Wat as ons te midde van die versoekings van die wêreld, sou kies om nie aan die standaarde te voldoen wat al die ander mense as normaal beskou of van ons verwag nie? Wat as ons eerder ons wil onderwerp aan dit waartoe Hy ons roep? Ons is geroepe om al ons liefde op 'n liefdevolle God te fokus, wat ons vurig liefhet — en nie om die materiële dinge van die wêreld te aanbid nie.

Hierdie God, wat ons vir die res van ons lewens kan aanbid, is goed. Sy planne is skouspelagtig en Hy nooi ons uit om by Hom aan te sluit. Selfs die mees uitspattige en wonderlikste idees wat ons omtrent 'n goeie lewe het, is nie eens in dieselfde heelal as sy planne vir ons nie.

Ons God is magtig, majestueus, alwetend en slaap nooit nie. Hy is die Skepper van die wêreld, Hy het die see gemaak, Hy ry op die wind, Hy gee vir die sterre name, Hy vergewe ons sonde en gee vir ons vreugde. God is heilig, goed, groot en die Geneser van gebroke harte. Hy het ons baie lief.

Kom ons gebruik nou die res van ons lewe om Hom te aanbid.

Nadenke

  • Lees Psalm 96 en verklaar dit aan jou God.
  • Vra God om enige doelwitte of planne wat jy oorweeg, wat nie die beste vir jou is nie, aan jou te openbaar.
  • Skryf enige openbaring neer wat God aan jou sê terwyl jy vandag se Bybellees of oordenking deurgaan.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Behels Aanbidding?

Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierd...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid