Wat Behels Aanbidding?

Oordenking

Ons aanbid wanneer ons God vereer.


Ons aanbid God nie omdat die lewe goed is nie. Ons aanbid God omdat Hy goed is! — Darlene Zschech


Die eerste drie dae van hierdie leesplan, het ons bespreek wat aanbidding is en hoekom ons God behoort te aanbid. Dis maklik om God te aanbid as ons lewe vol seëninge is en wanneer Hy ons gebede beantwoord. Ons kan en behoort Hom vir daardie dinge te aanbid! Maar ten eerste aanbid ons Hom vir wie Hy is


Weet jy dat God alomteenwoordig, alwetend en almagtig is? Wat beteken hierdie "al" en "alom" woorde regtig? Omni, soos in die Engelse woord "omnipresent", is 'n Latynse grondwoord wat "al" beteken. Alhoewel geeneen van hierdie woorde in die Skrif voorkom nie, spreek hulle die waarheid omtrent God aan. Kom ons delf 'n bietjie dieper in hierdie eienskappe van God.


Alomteenwoordig. 


God is oral teenwoordig. Hy is oral, al die tyd, naby almal en alles. Hy vul die hele hemel en aarde. Dikwels bid gelowiges: "God, wees asseblief vandag by my." Hierdie versoek toon net ons nood vir Hom, maar is in werklikheid onnodig. Hy is alreeds hier en daar en op 'n ander plek, sowel as oral, die hele tyd. Ons moet eerder sê: "God, maak my asseblief bewus van U teenwoordigheid." 


Alwetend. 


God weet alles. Daar is geen perke aan God se kennis nie. Hy besit alles en weet alles. Letterlik. Daar gaan nie 'n sekonde verby wanneer God nie van alles bewus is nie. Daar is absoluut niks wat Hy hoef te leer of waaroor Hy hoef te dink nie. Hy word nooit onkant gevang of verras deur enige iets nie; nooit ooit nie. Hy weet net. Dis verbysterend, né? Is dit nie gerusstellend om te weet dat God ons behoefte ken voor ons nog gevra het nie? 


Almagtig. 


God is "al"-magtig. Alle mag behoort aan God. Hy besit dit alles. Hy kan enige iets en alles doen. Hy word nooit moeg of uitgeput nie. Sy krag word nooit uitgeput nie en Hy hoef nooit 'n slapie te vang nie. Ons sien dalk onmoontlike goed in ons pad, maar met God is enige iets moontlik. 


Dis werklik fenominaal om selfs net 'n bietjie van wie Hy is te begryp. Om Hom te aanbid vir wie Hy is, behoort dus maklik te wees. Wanneer jy iets nie verstaan nie, begin net aanbid. 


Reflect



  • Lees Psalms 145 en verklaar dit aan jou God. 

  • Watter een van die drie "al"-woorde fassineer jou die meeste? Spandeer 'n bietjie tyd om oor daardie faset van God te dink en aanbid en dank Hom vir wie Hy is.

  • Write down any revelation that God speaks to you through today’s Bible reading or devotional.