Leesplan inligting

Soos ’n veldbom deur Struik Christian MediaVoorbeeld

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

DAG 5 VAN 5

Waardig om ingesluit te word 


As ons aan Jesus se familie dink, is ’n heidense prostituut waarskynlik nie die eerste persoon wat deur ons gedagtes gaan nie. Jesus se geslagsregister bestaan tog sekerlik uit gelowige en kuise mans en vroue wat die Here geslagte lank liefgehad, gedien en gevrees het! Dink weer. 


Ons sien keer op keer voorbeelde van hoe God die onwaarskynlikste kandidate gebruik.Een so 'n voorbeeld is Ragab. Sy was gebore en getoë in Jerigo – ’n brandpunt van afgodediens en die boosste stad op daardie tydstip – en sy was ’n prostituut.


Toe Ragab egter hoor dat die God van Israel Iemand is wat gevrees en eerbiedig moet word, het sy Hom onmiddellik aangegryp en was sy bereid om alles vir Hom op die spel te plaas. Haar lewensverhaal het nie net die hedendaagse Kerk – die insluiting van nie-Jode in God se familie – voorspel nie, maar sy is ook as waardig beskou om in Jesus se geslagsregister opgeneem te word. Ragab se verhaal toon dat ons almal waardig is om as God se familie oorweeg te word. God se uitnodiging van verlossing en vriendskap word aan almal gerig. Niemand is te verlore vir Hom om bereik te word nie. 


Ragab was ’n prostituut – nie juis ’n vrou wat ‘n mens sou dink lig kon laat skyn op enigeen nie. Maar God takseer nie mense op hul baadjie nie. Hy kyk na hul hart. Geen ander vrou sou twee vreemde mans in haar huis toegelaat het nie, maar omdat sy gewoond was om dit te doen, was sy die ideale persoon om die spioene weg te steek. Sy het aan God se groter doel voldoen om haar en haar gesin te red. 


Moet jouself nooit diskwalifiseer nie – skyn waar jy ook al is!


Gebed


Here, ek bid dat ek nooit sal vergeet dat U my in u familie opgeneem het nie. Laat my verlede ’n voortdurende herinnering aan u troue liefde wees! Amen.


God neem die onwaarskynlikste en mees gebroke verhale en omskep dit in meesterstukke.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media

Hierdie dagstukkies sal vroue aanmoedig om hul identiteit en waarde in Christus te verstaan en te ontdek, en sal hulle help om die struikelblokke in hul pad wat hulle terughou, te oorkom. Elke dag se oordenking bevat ook...

More

Ons wil graag vir Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.struikchristianmedia.co.za/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid