'n Vrou Van Betekenis: Oorkom Spanning Voorbeeld

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

DAG 2 VAN 5

Wanneer Jy Oorweldig Voel

Voel jou hart ooit oorweldig? Eerlik, daar is dae in my lewe wat my hart tussen rou verlammende frustrasie en stimilering deur 'n duisend oproerighede aarsel. Deurlopend skep die vloed van eise, dissipline, mense, take, gewoontes, ondeug en verpligtinge 'n massiewe modderpoel in my lewe wat deur een desperate woord beskryf kan word: oorweldigend.

Wanneer ons oorweldig is, is die eerste ding wat ons moet doen om na God te roep. Ons het gebed meer nodig as wat ons nodig het dat omstandighede moet verander. Deur net na my oneindig genadige God te gaan, wat in al sy weë liefdevol oplettend is, word ek herinner dat ek nie in beheer is nie. Daar is Iemand meer magtig en kragtig as ek wat in staat is om verligting te bring vir my berg van spanning.

Een van die mees vernietigende foute wat enigeen van ons maak tydens oomblikke van oorweldigende waansin, is om deur ons emosies gelei te word. Woede en ongeduld sal skade aanrig aan verhoudings wat moeilik kan wees om te herstel.

Wanneer jy oorweldig voel, moenie fokus op wat die irritasie of ergernis veroorsaak nie. Draai jou oë weg van jou omstandighede. Rig eerder jou blik — en jou verstand — op die enigste Een wat in staat is om jou te help!

Daar is geen veiliger, rustiger plek om te wees as om in God en by God te bly nie. Wanneer ek in sy teenwoordigheid vertoef en die veiligheid van sy Woord geniet, is dit wanneer die oorweldigende dinge van hierdie wêreld werklik “vreemd verdof”. Wanneer sy nabyheid alles oorskadu wat my naam uitroep, is ek uiteindelik vreedsaam. Die lewe wat Hy aan 'n desperate vrou soos ek skenk, is die lewe waarna ek gedroom en verlang het.

God se teenwoordigheid stel my wonderbaarlik in staat om nog 'n veeleisende dag in die gesig te staar. Sy Woord beskut en beskerm my kragtig teen die snelvurende spanning van die lewe. Gebed help my om wys te fokus op dit wat ewig is en nie op dit wat bloot 'n rumoer maak nie.

Die volgende keer wat ek of jy onsself in oorweldigende omstandighede bevind, moet ons miskien na God en alles wat Hy is hardloop! Ek is van voornemens om 'n blaaskans te neem van hierdie mal, mal, mal, mal wêreld en my hart waar dit nog altyd behoort het ... in Hom te plaas.

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

Spanning het 'n manier om in 'n vrou se lewe op te stapel totdat sy nie in staat is om kwaliteit besluite te neem, 'n betekenisvolle gesprek te voer of wat sy gekry het te geniet nie. Jy is nie geskape as 'n angstige vrou wie se lewe by die altaar van bedrywighede verspil word nie. Jy is 'n vrou van betekenis, geskep vir vreugde, vrede en ewige impak!

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/