Leesplan inligting

'n Vrou Van Betekenis: Oorkom Spanning Voorbeeld

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

DAG 1 VAN 5

Balle In Die Lug Hou


Daar word van vroue van die een-en-twintigste eeu verwag om 'n menigte balle in die lig te hou, gevolglik is hulle oorspanne, vermoeid, oortoegewyd en kort aan personeel! Volgens 'n Barna-studie voel 72 persent van alle vroue oorweldig deur spanning, en vir vroue wat nog kinders by die huis het, styg hierdie koers tot 80 persent. Benewens die ewigdurende balle in die lug hou, is daar die enorme uitdaging om te bepaal hoeveel tyd en energie aan elke area van die lewe gegee moet word.



Spanning het 'n manier om in 'n vrou se lewe op te stapel totdat sy nie in staat is om kwaliteitbesluite te neem, betekenisvolle gesprekke te voer, of die lewe wat aan haar gegee is, te geniet nie.



Ons het 'n vyand wat voordeel wil trek uit ons kwesbaarhede. Die doel van ons geestelike vyand is om ons elke dag van ons lewens in 'n toestand van uitputting en moegheid te laat verkeer. Die vyand weet dat as hy ons aandag deur spanning kan aflei, hy die "oorvloedige" reg uit ons lewe kan steel. Spanning sal ons van ons vreugde beroof, ons vrede afbreek en ons hoop ontsê. Spanning het nie die krag om môre te verander nie, maar sal beslis vandag opmors!



Die duiwel is 'n kenner in bedrog en afleiding. Hy verlei jou nie gewoonlik met ooglopende kompromieë nie, maar sy verleidelike strategie is om dinge aan te bied wat goed lyk. Die Satan sal iets gebruik wat in die oomblik goed lyk, om jou weg te lei van God se ewige beste vir jou lewe.



Jy is nie geskape om 'n angstige vrou te wees wie se lewe by die altaar van bedrywighede weggeskeur word nie. Jy is geskep vir vreugde, vrede en ewige impak, nie tydelike afleidings nie. Miskien is dit tyd dat jy 'n paar broodnodige veranderinge in jou lewe maak.



God het 'n teenmiddel vir moegheid. Hy het die geheim van "bly" in Hom voorgeskryf om jou moeë en uitgeputte siel te genees. Die geestelike teenoorgestelde van moegheid en spanning kan beskryf word as die herstellende eenvoud om in Christus te bly. Krag kom altyd uit rus — nooit van onnodige, ewigdurende aktiwiteit nie.



Wanneer jou permanente verblyf die teenwoordigheid van Christus is, en wanneer jy hom toelaat om sy wonderlike plan in jou oor te fluister vir elke dag en elke uur, en selfs die spesifieke oomblikke van jou dag, dan sal sy heerlike vrug pragtig en heerlik in jou lewe van lewende water sigbaar wees. Ons moet stil oomblikke in ons luide lewens vind om die stil, sagte stem van die Vader te begin hoor.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Woman Of Significance: Overcoming Stress

Spanning het 'n manier om in 'n vrou se lewe op te stapel totdat sy nie in staat is om kwaliteit besluite te neem, 'n betekenisvolle gesprek te voer of wat sy gekry het te geniet nie. Jy is nie geskape as 'n angstige vro...

More

Baie dankie aan Whitaker House wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid