Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

VRIENDE VIR EWIG
Olifante maak wonderlike vriende. In 'n olifanttrop, lyk dit of elkeen verstaan wat die ander voel. As een olifant ongelukkig is, sal die ander na hom gaan en hom troos. Gewoonlik beteken dit om saggies te piep en om hul slurpe in die ander een se mond te sit. Dis hoe 'n drukkie op die olifant-manier gegee word. (Is jy nie bly ons druk nie op daardie manier nie?) As een olifant seerkry, sal die ander hom help. Wanneer een deur 'n roofdier, soos 'n leeu, bedreig word, vorm die ander olifante 'n sirkel om hom, reg om hom te verdedig. Olifante is sulke goeie vriende, dat wanneer hulle van mekaar geskei word – selfs na jare – hulle mekaar onthou en hardloop om mekaar te "druk".
Om mekaar te troos, te help en te beskerm – dit klink na 'n besondere definisie van vriendskap, of jy nou 'n olifant is of nie. Jesus sê dit op hierdie manier: "Wees lief vir mekaar soos Ek julle liefgehad het." Dit is die geheim om goeie vriende te kry en te behou. Wanneer 'n vriend seer het, bied troos en drukkies aan. As 'n vriend hulp nodig het, gaan help hom! As 'n vriend aangeval word – deur skinder, geniepsigheid, boelies, of net 'n baie slegte dag het – tree in die bres vir jou vriend. Staan saam. Dis wat vriende doen. Bid vir mekaar en deel bemoedigende Skrifgedeeltes uit die Woord van God. Tussen hakies, dit is wat Jesus vir jou doen. Hy is jou vriend vir ewig – en wat kan beter as dit wees?
Hoe Groot!
Olifante is die wêreld se grootste soogdiere. Hulle kan hulle slurpe soos 'n snorkel gebruik om te swem, en hulle kan op iets of iemand afstorm teen amper 40 km per uur. Hulle is uitsonderlike diere. Daar is een ding wat olifante nie kan doen nie. Olifante kan nie spring nie
Gebed
Here, help my om my vriende lief te hê, te troos en vir hulle in die bres te tree op die manier waarop U my liefhet, vertroos en vir my in die bres tree.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis te ontdek tussen die natuurlike wêreld en die God wat dit geskep het, te ontdek. Die wonders van die heelal en feite oor die buitenste ruimte en tyd, die aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante, en meer sal jou kind se waardering vir God se merkwaardige verbeelding verdiep.
More