Leesplan inligting

God Is So GoedVoorbeeld

God So Good

DAG 1 VAN 5

God Is So Goed




Jy het moontlik al hierdie bekende uitdrukking in die kerk of in Christelike kringe gehoor: “God is goed. Hy is altyddeur goed.” Dit is maklik om te sê en te onthou, maar dit kan soms moeilik wees om dit ook te voel. Hierdie liedjie herinner ons daaraan dat God goed is en ongeag wat jy gedoen het en wat ook al na jou kant toe kom, God sal jou in sy oneindige goedheid, nooit verlaat of prysgee nie.



“Hierdie vryheid en genade wat teen die hoogste prys gekoop is, bedek al my skuld. Deur sy offer is ek nuut gemaak. Uit die dood opgewek tot ‘n nuwe lewe.”



God se goedheid is nie 'n prys wat gewen kan word of iets wat verdien kan word nie — dit word vryelik gegee. Romeine 5:8 sê: “Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.” 



Wanneer dit vir jou voel dat jy nie vergifnis verdien nie, of wanneer alles om jou verlore lyk, onthou dat daar niks is wat jou van sy liefde en goedheid kan skei nie. Selfs in ons ergste oomblik het God sy Seun gestuur om vir ons te sterf, sodat ons die ewige lewe kan hê. 



Mag ons dus in elke tydperk van ons lewens hierdie goeie nuus onthou: “God is goed. Hy is altyddeur goed.”


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God So Good

Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid