Leesplan inligting

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.Voorbeeld

Die Ring.  'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.

DAG 4 VAN 6

Gesonde Ring


Twee is beter as een, want hulle het ’n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid. Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ’n tweede is om hom op te tel. Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word? (Prediker 4:9-12)


Soos ons in dag twee gesien het, is daar slegs plek vir die man, die vrou en God, binne die ring. Hierdie gedagte word verder beklemtoon in Prediker 4:9-12. Daarom moet alle ander verhoudings en aktiwiteite, byvoorbeeld kinders, loopbane, vriende en familie, kerk, stokperdjies, en selfs die eie-ek, buite die ring staan.


Die huwelik is God se idee (Gen 2:18-25). Die opdrag aan die man om sy familie agter te laat en eenheid met sy vrou te soek, spreek van God se wysheid. Van die begin af het God geweet dat buite-egtelike verhoudings en -aktiwiteite eenheid in die huwelik kan bedreig. Die vyand wil God se plan vir die huwelik verwoes deur ons liefde vir mekaar, intimiteit en vertroue te steel. Vanuit ‘n gesonde ring leef ons ons roeping uit in elke aspek van ons lewens. Ons maak ons kinders groot, is deel van gemeentelewe en ons beïnvloed ons wêreld deur middel van ons beroepe. 


Ons huwelik dien as voorbeeld vir ons kinders en elke ander verhouding wat buite die ring is. Dit wys heen na God se verhouding met Sy kerk (die bruid). God se plan met die huwelik was dat dit die hoeksteen van die gemeenskap sal vorm. Dit gebeur nie sommer vanself nie – dit vra dat ons 'n doel het met ons huwelik. ‘n Span kort ‘n plan. Praat op ‘n gereelde basis saam oor die verhoudings en aktiwiteite buite julle huwelik vir hierdie seisoen. Luister na God se siening oor die situasie. Aanvaar dat daar verskille sal wees, maar spreek die probleem aan, eerder as om die persoon aan te vat. Besluit saam wat die beste gaan werk vir julle span. Nederigheid en eerbied aan Christus is die sleutel.




Maak dit prakties



  • Is ons span besig om ‘n Goddelike nalatenskap vir die volgende generasie (ons kinders en kleinkinders) te laat?

  • Watter eksterne verhouding of -faktor veroorsaak die meeste spanning in ons huwelik? Hoekom?  Hoe kan ons dit anders benader?




Gebed: Here, dankie vir U riglyne vir ons huwelik, help ons om dit te gebruik om ‘n plan te maak vir ons span. U weet dat ons so graag ‘n Goddelike nalatenskap vir die volgende generasies wil laat, wat vir hulle 'n voorbeeld sal wees van U verhouding met ons as kerk. Help U ons hiermee. Amen.


    


Bennie en Michelle

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Ring.  'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.

Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huweli...

More

Ons bedank Doxa Deo vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek: https://www.doxadeo.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid