Leesplan inligting

Die Ring. 'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.Voorbeeld

Die Ring.  'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.

DAG 1 VAN 6

TROURING


Op ‘n egpaar se huweliksdag, sê hulle “Ja” en beloof trou aan mekaar. Ringe word uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. 


Gen 2:18 (DB) lees: “Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.””


God het gesien dit is nie goed dat die mens alleen is nie, en vir die mens ‘n maat gemaak, iemand wat by hom pas en sy gelyke is. Iemand met wie hy sy lewe kan deel. Iemand met wie sy haar lewe kan deel.


Die huwelik is bedoel om God te verheerlik en in liefde en eenheid met mekaar te kan leef. Daarom vergelyk Paulus die huwelik met die band tussen Christus en Sy kerk (ons). ’n Lewe van intimiteit, wat gekenmerk word deur vrygewigheid en offers.


Efesiërs 5:22-33 “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, …. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.”


In hierdie ring, waar daar slegs plek is vir die drie van ons - man, vrou en God - leef ons voluit saam as 'n span. Die span kom nou eerste.


In die ring het die man sy vrou lief soos homself. ‘n Mens pas mos sy eie liggaam op, versorg en onderhou homself. Dit is ook so teenoor jou vrou - jy moet haar versorg en onderhou! En haar bowenal liefhê. Elke vrou respekteer haar man. Dit beteken dat sy opkyk na hom. Sy laat hom weet dat sy hom altyd, bo alles, kies. Dis vir seker makliker as die man so optree dat sy vrou hom KAN respekteer – so ook as die vrou so optree dat haar man haar KAN liefhê en bemin. Maar hierdie opdrag geld ONGEAG ons optrede. 'n Mans is geroep om sy vrou te bemin. 'n Vrou is geroep om haar man te respekteer.




Maak dit prakties en praat met mekaar oor die volgende:



  • Hoe lyk ons ring? Ons span?

  • Hoe gaan ons twee saamstaan om die lewe in die ring voluit te geniet en vir mekaar te leef?




Gebed: Here, baie dankie vir ons huwelik en dat ons dit kan geniet tot U eer. Dankie vir my lewensmaat wat U vir my gegee het. Help my om werklik alles in my vermoë te doen om ten eerste die lewensmaat te wees wat U my bedoel het om te wees, en tweedens; beskerm hierdie huwelik. Mag U verheerlik word in en deur ons huwelik. Amen


    


Malcolm en Estelle

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Ring.  'n 6-Dag Leesplan Vir Huweliksmaats.

Op ‘n egpaar se huweliksdag sê hulle “Ja”, beloof trou aan mekaar en is ringe uitgeruil as ‘n simbool van hierdie nuwe eenheid. Hierdie 6-dag Bybelplan gebruik die metafoor van die ring om sekere aspekte van die huweli...

More

Ons bedank Doxa Deo vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek: https://www.doxadeo.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid