Leesplan inligting

SeksVoorbeeld

Sex

DAG 5 VAN 7

Mite #4: Hoe dikwels julle seks het is nie belangrik nie.



Sjoe! Hierdie is 'n kontroversiële mite om oor te skryf. As ek die mite op een manier skryf, sal die meer seksgedrewe huweliksmaat juig van blydskap terwyl hy hierdie artikel aan die minder seksgedrewe huweliksmaat stuur en sê: "WORD WAKKER EN LEES DIT!" Sou ek weer die mite op 'n ander manier skryf, sal die minder seksgedrewe huweliksmaat sug van verligting en voel hulle het 'n geregverdigde rede om meer gereeld “nee” te sê vir seks. Om nie eens daarvan te praat dat dít jou verwagtinge vir die huwelik kan beïnvloed as jy enkellopend is nie. 



Ongeag of jy getroud is of nie, dit is altyd goed om te onthou dat jou verwagtinge rakende seks in die huwelik dalk mag verskil van jou huweliksmaat of toekomstige huweliksmaat s'n, dit is dus wonderlik om 'n gesonde siening te hê van hoe julle mekaar moet eer en empatie met mekaar kan hê. 



Laat apostel Paulus eerder hieroor praat. In 1 Korintiërs 7:2-5 het hy gesê dat seks slegs tussen 'n man en sy vrou is en dat die een nie die ander daarvan moet ontneem nie, tensy daar wedersydse instemming is. Man en vrou “besit” nie meer alleen hul eie liggame nie, maar behoort nou aan die ander een.



Terselfdertyd het Paulus ook in Efesiërs 5:25 geskryf dat mans hul vrouens moet liefhê, net soos Christus die kerk liefhet. Christus het alles vir die kerk prysgegee. Hy was nie veeleisend of selfsugtig nie. Hy het ons behoefte aan 'n Verlosser selfs groter as sy eie lewe geag. Dus word mans tot 'n ongelooflike hoë standaard geroep. Hulle word gevra om hul lewens vir hul vrouens af te lê.



Seks is 'n dans van wedersydse liefde en respek. Hoe dikwels gesonde seksuele intimiteit plaasvind, sal vir elke paartjie verskil. Vra jou huweliksmaat of hulle tevrede is met hoe gereeld julle seks het. As hulle sê dat hulle eintlik meer seks of minder seks wil hê, moet jy dit nie net aflag nie. Oordink hoe julle mekaar wedersyds kan bevredig en geniet.



Brandon, LMFT-S, PCIT  


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Sex

Seks. Daar steek meer in as: "Wag totdat jy getroud is!" Wat gebeur sodra jy getroud is? Watter vryhede het jy? Sê nou jy is getroud en seks werk nie? Wat sê die Bybel en wat sê dit nie daaroor nie? Vir antwoorde op hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid