Leesplan inligting

SeksVoorbeeld

Sex

DAG 3 VAN 7

Mite #2: Seks is vir voortplanting en niks anders nie.



Gister het ons daaroor gepraat om die mite dat seks vuil is, te ontmasker. Vandag praat ons oor 'n ander leuen wat ons gereeld oor seks dink. Alhoewel seks meer as 'n genot van die vlees is, is dit ook meer as die daad van voortplanting. Lees Hooglied 4:5-7. 



Hierdie lied is meer as 'n simbool van beeldspraak tussen Christus en die kerk. Ons kan nie die fisiese aspekte van die woorde nalaat nie. Hierdie lied is 'n aanmoediging vir 'n man om hom te verlustig in sy vrou se liggaam en 'n vrou om haar te verlustig in haar man se liggaam. 



Lees nou Hooglied 7:6-9. Het jy al ooit onverwags na die glimlaggende lippe van jou huweliksmaat gekyk en gedink: "Hulle is so mooi?" Of het jy al ooit jou huweliksmaat se lippe opgemerk wanneer hy deur die sitkamer stap en vir jou sê: "Jy lyk so mooooi vandag?" 



Daar moet geen skaamte wees om na jou huweliksmaat te kyk met vreugde in jou hart, dankbaarheid in jou siel, en om wedersyds te kies om seks te hê omdat julle mekaar begeer nie. Ja, God het ons huweliksmaat gemaak om ons oë te verbly en ons begeertes te wek sodat ons vrugbaar kan wees en vermeerder, maar die plesier van seks mag nie daar eindig nie. Ons mis uit op een van die mees geseënde aspekte van seks in die huwelik as ons dit doen. Dit vereer God om jouself te verheug in sy skepping, jou huweliksmaat. 



Brandon, LMFT-S, PCIT


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sex

Seks. Daar steek meer in as: "Wag totdat jy getroud is!" Wat gebeur sodra jy getroud is? Watter vryhede het jy? Sê nou jy is getroud en seks werk nie? Wat sê die Bybel en wat sê dit nie daaroor nie? Vir antwoorde op hier...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid