Leesplan inligting

RusteloosVoorbeeld

Restless

DAG 1 VAN 3

Jou selfoon gee die gees. Jou kalender is buite beheer. Jou taaklysie voel eindeloos. Jou gedagtes wil met jou weghardloop. En wanneer jy soggens wakker word, word jy dadelik gekonfronteer met die subtiele gevoel van angstigheid, wat jou die hele dag lank volg.



Klink dit bekend? Vandag, meer as ooit tevore, is ons rusteloos. Ek sou aanvoer dat daar drie belangrike faktore is wat bydra tot die rusteloosheid van vandag se Christen. Eerstens: (soos die res van die wêreld) bestee ons soveel tyd aan vermaak, sosiale media, toeps en speletjies, dat hierdie goeie dinge wat veronderstel was om lewegewend te wees, ons uiteindelik van die lewe beroof. Tweedens: ons gebruik nie die tyd om "die [Here se] poorte met danksegging binne te gaan nie", wat lei tot ontevredenheid en 'n rustelose gejaag om meer te bereik en op te gaar. En ten slotte — en dit is 'n besonder uitdagende stryd vir ambisieuse professionele mense — ons misgun ons die tyd om onsself gereeld te herinner aan die evangelie en hoe ons identiteit in Christus ons bevry van die behoefte om voortdurend meer te doen.



Dit mag dalk oorvereenvoudig klink, maar as ons probleem rusteloosheid is, moet die oplossing wees om te rus van die oorsprong van ons rusteloosheid. Om ware rus en vrede te vind, moet ons gereeld van die onverbiddelike eise van hierdie wêreld en ons werk, wegbreek. Ons moet tyd maak om God te dank vir wat Hy aan ons gegee het, eerder as om altyd na meer te strewe. Ons moet dít wat ons dreineer (e-posse, slimfone, ens.), tydelik verruil vir dít wat aan ons lewe gee (vriende, familie, die Woord van God, ens.).



Gelukkig het die Bybel 'n model vir hierdie soort rus: die sabbat. Tot 'n paar jaar gelede, was die sabbat vir my 'n selfstandige naamwoord, nie 'n werkwoord nie. Dit was 'n outydse woord vir 'n dag van die week, nie iets wat eintlik deur moderne Christene beoefen word nie. Vir my het die sabbat meer as 'n wettiese taak geklink as 'n genadige geskenk wat my rusteloosheid kon laat bedaar. Maar na deeglike studie van Jesus se woorde, het ek tot ander insigte gekom oor hoe ek oor die sabbatsrus dink. Nou kan ek my lewe nie daarsonder voorstel nie.



Môre sal ons kyk na wat die sabbat nie vir vandag se Christen beteken nie, en baie van die mites ontmasker wat ek (en dalk jy ook) al lankal oor dié ou praktyk geglo het. En dan, op die laaste dag van hierdie leesplan, sal ons kyk na wat die Bybel sê die sabbatsrus kan wees en hoe dit vandag prakties vir ons kan lyk.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Restless

"Ons harte is onrustig totdat hulle hul rus in U vind." Nog nooit tevore het so baie van ons die rusteloosheid gevoel wat Augustinus met hierdie bekende sin beskryf het nie. Maar wat is die oplossing vir ons gebrek aan w...

More

Baie dankie aan Jordan Raynor wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.jordanraynor.com/restless/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid