Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 4 VAN 7

Klaagliedere is 'n perfekte voorbeeld van 'n klaaglied — 'n uitroep na God in smart of pyn. In vandag se Skrifgedeelte lees ons hoe Jeremia, die huilende profeet en skrywer van Klaagliedere, van die verwoesting praat en die verskriklike lyding van sy volk.


Klaagliedere hoofstuk drie is die middelpunt van Jeremia se weeklag. Dit is die fisiese en emosionele hoogtepunt van Klaagliedere. Hoofstuk drie bevat die spesifieke oomblik waar die profeet se smagting baie persoonlik en passievol is. Net voordat dit lyk of Jeremia gaan toegee aan sy wanhoop — gebeur daar iets betekenisvol. 


Jeremia steek sy kleim van geloof af: "Maar dit sal ek ter harte neem en om die rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot" (3:21-23). 


Jeremia spreek die kragtigste woorde uit, wat enige van ons in ons stryd kan uitspreek: TOG. 


Tog, is dit die oomblik waar die profeet beweeg van sy pynvolle hoe's (lees weer in dag twee) na sy enigste hoop. 


Tog, is dit die vaste fondament, die kleim-in-die-grond-afsteek van alle klaagliedere. 


Tog, is daar die hoop van God se liefdevolle teenwoordigheid — selfs al kan ons Hom nie voel nie. 


Jeremia se "tog's" word gevind in die onveranderlike, onfeilbare liefde van God. Deur sy tog's verklaar Jeremia: "Selfs al sal my lyding nooit eindig nie, [tog] sal ek God altyd eer."


Tog, is die paradigmaskuif in al ons klaagliedere. 


Tog is ter sprake, selfs as die kanker nie genees is nie, as die skuld nooit verminder nie, as die kêrel nie skakel nie, as die kind aanhou sukkel, as die vrae nie beantwoord word nie, as die geliefde aanhou om jou seer te maak. 


Tog, glo al gaan dit nie goed nie, is Jesus steeds genoeg. Sy deernisvolle liefde is meer as genoeg. 


Tog, is die vegter se oorwinningsprys. Tog, is die swaarverdiende geloof. Tog, vertrou op God, alleenlik vir God se onthalwe. 


As ons Jeremia se houding van "tog" kan aanleer, sal ons by die reinste vorm van aanbidding uitkom — om God alleen te aanbid. Nie God en seëninge nie, nie God en voordele nie, maar God vir God se onthalwe. 


Dit maak nie saak hoe erg die storm is nie, tog sal volhard. Tog, dit: "Dit is verskriklik erg. Tog, sal ek God prys, want Hy alleen is waardig." 


Tog, is die kuns om op God te vertrou ongeag wat Hy gee, ongeag wat Hy neem. 


Ons kan toelaat dat ons tydperk van lyding ons òf laat toegee aan wanhoop òf die oorsprong is van 'n dieper, meer opregte geloof — wat ons leer om vas te staan en nuwe krag te vind. 


As jy seer ervaar, mag jy jou tog vandag verklaar.



Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid