Leesplan inligting

Die Harder Lied: Luister vir Hoop te Midde van jou Pyn, Angs, Smart, Twyfel en KlagtesVoorbeeld

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

DAG 2 VAN 7

Hoe gaan dit met jou? 


As jy enigsins soos ek is, sal die eenvoudige, goedbedoelde vraag — "hoe gaan dit met jou?" — jou dalk paniekerig of wanhopig laat voel, veral as jy in 'n tydperk van beproewing en swaarkry is. Jy mag dalk op die oog af goed lyk, maar in werklikheid is jy dalk in 'n tydperk van droefheid (wanneer jy uitroep na God in hartseer en pyn). Jy hou skaars kop bo water en wonder of God of eintlik enigiemand, jou werklik raaksien. 


'n Maklike vraag soos "hoe gaan dit met jou?" behoort 'n eenvoudige antwoord te hê, maar in moeilike tye verwar dit ons net. Hoe kan ek aan enigiemand verduidelik hoe dit werklik met my gaan? Moet ek te kenne gee dat ek seerkry


Interessant genoeg is "hoe" gewoonlik een van die eerste frases in die meeste van die Bybelse klagtes (gebede van hartseer en pyn). Die Bybelse klaers — soos Jeremia, Dawid en andere — vra dikwels dieselfde vraag aan God: "Hoe" — Hoe lank gaan dit aanhou, Vader? Hoe gaan U dit regstel, Vader? Hoe gaan U u teenwoordigheid wys, Vader? 


Daar is baie wat ons by die Bybelse klaers kan leer, hulle wat al hulle "hoe's" sonder vrees voor God neergewerp het. Ons kan in werklikheid dieselfde doen. God sal ons nie straf vir ons eerlike emosies nie. Hy kan dit hanteer. Ons kan ons hartseer en frustrasies voor sy voete kom neerlê so dikwels as wat ons nodig het om dit te doen, vir so lank as wat ons moet — te danke aan God se liefde vir Jesus. 


As jy 'n wegspringplek nodig het, kyk na vandag se teks, een van Dawid se bekendste klaagliedere, in Psalm 13. Dawid vlug nie weg van sy hartseer af of gee voor dat dit nie bestaan nie. Hy werp sy mees weerlose "hoe's" herhaalde kere voor God neer. 


Dit is egter belangrik om daarop te let dat iewers te midde van sy klaaglied, verander Dawid se toon: "Ek hou vas aan u troue liefde." 


Dawid se ellende het nie soos mis voor die son verdwyn nie. Sy situasie het nie verander nie. Om een of ander rede, sing Dawid egter 'n lofsang. Dawid se reaksie op sy pyn het wel begin met 'n klagte — met hoe — maar Dawid se klagtes het bonatuurlik verander na lofliedere. Dawid het geleer om te vertrou dat God in beheer van sy moeilike omstandighede is. In sy donkerte, sit God 'n lig aan (Psalm 18).


As jy kan leer om jou "hoe's" aan God oor te gee, sal jy nader aan God groei. Soos hierdie nuwe intimiteit met God jou verander, sal jou uitgeputte hart rus vind en jou klaagliedere sal verander in lofliedere. 


 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Louder Song: Listening for Hope in the Midst of Pain, Anxiety, Grief, Doubt, and Lament

Indien jy vermoeid is — emosioneel, fisiek, verhoudingsgewys of geestelik — of 'n pad stap saam met iemand wat is, sal hierdie 7-dag leesplan balsem vir jou moeë siel wees. Jy gaan die krag van God se teenwoordigheid in ...

More

We would like to thank NavPress for providing this plan. For more information, please visit: http://bit.ly/2tQRR6r

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid