Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 8 VAN 12

GESEËND IS DIÉ WAT NEDERIG IS


Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was. Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem. Filippense 2:5, 7 


Nederigheid is die kenmerk van ‘n kind van God. Ek moet erken ek is so moeg vir rammelende tromme en flitsende ligte en dan verskyn ‘n man van God op die verhoog, soos ‘n held. As ons nie nederig is nie, sal God ons nederig maak. Ek is so moeg daarvan om te hoor dat mans en vroue van God hulle geloof verlaat. Jongmense moet weet wat die waarheid is. As ons volgens die beginsel van afwaartse mobiliteit begin leef, sal ons nie so gou skei en met iemand anders trou nie. Ons sal nie so gou geld van ons werkgewer steel nie. Ons sal nie so hoogmoedig wees nie. Ons sal eerder gaan wegkruip. 


Franciskus van Assisi is eenkeer gevra om na ‘n Italiaanse dorpie te gaan en te bid vir ‘n kind wat spasties was. Die kind se lyfie was al heel verwronge. Hy wou nie vir die kind bid nie, want hy wou nie God se eer ontvang as die kind gesond wou word nie. Die mense het gepleit: “Asseblief, doen dit vir die kind se onthalwe.” Hierdie man van God het ‘n eenvoudige gebed gebid. Die kindjie se lyfie het ontspan en slap geraak. Die mense was in ekstase. Hulle kon nie glo wat hulle gedoen het nie. Ná vyf minute het hulle begin soek na die man van God sodat hulle hom kon loof. Franciskus van Assisi was nêrens te vind nie. Hierdie nederige dienaar van God het geglo die eer behoort aan die Here. 


Here Jesus, aan U behoort die heerlikheid. Maak my nederig en sagmoedig deur die werk van u Gees in my. Amen 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid