Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 10 VAN 12

DIT IS GOD WAT LAAT GROEI

"Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei" ( 1 Korintiërs 3:6-7).

God sê vandag vir jou: “Plant my saad. Gooi my saad nat. Versorg my saad sodat dit baie vrug vir My kan dra.”

Ons is almal God se medewerkers op sy saailand. Ons moet sy saad, sy Woord, in mense se lewens plant. Dit is waartoe Hy ons geroep het.

Wat wonderlik is van saad wat geplant word (en ek praat nie hier van koring- of mieliesaad nie, ek praat van die saad wat die Woord van God is) en om vir Jesus op die saailand te kan werk, is dít: Wanneer jy iets verkeerd doen, veroordeel God jou nie. Selfs as die gehalte van jou werk deur vuur getoets word en dit die hitte nie kan weerstaan nie, sal jy gered word. Loof God vir die bloed van Jesus wat al ons sonde weg was.

As jy saad gesaai het, maar die saad het op die pad, op die klipbanke of tussen die onkruid geval, kan jy dit vandag nog verander. Jy kan aanhou om die saad van die Woord van God te saai. ‘n Deel van jou saad sal inderdaad in die ryk en goeie grond val en God sal dit laat groei.

Al wat die Here Jesus van jou vra, is om gehoorsaam te wees aan sy sendingopdrag om dissipels van alle mense te maak. Hy sal die res doen. Plant jy vandag sy saad?

Here Jesus, dankie vir die voorreg om ‘n medewerker op u saailand te wees, en vir u belofte dat as ek die saad plant en natgooi, U self dit sal laat groei. Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid