Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 4 VAN 12

GENADE OM DIE EVANGELIE TE VERKONDIG


Van hierdie evangelie het ek ‘n dienaar geword, ‘n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. Efesiërs 3:7-8 


Die heel eerste keer toe ek gepreek het, was ek baie senuagtig. Ek het ses weke lank my boodskap voorberei, al vyftien bladsye daarvan. Nadat die leraar my bekendgestel het, het ek my Bybel oopgemaak waar ek my aantekeninge gebêre het. Daar was bladsy een. Ek het almal verwelkom en die bladsy omgeblaai … en daar was bladsy vyftien! Dertien bladsye was net weg! 


Daardie dag het die jeuggroep ‘n lied gesing wat min of meer só gelui het: “Hier kom Jesus; kyk hoe loop Hy op die water. Hy sal jou verhef en jou oprig…” Ek glo die Here het my op daardie oomblik uitgedaag met die vraag: “Wat gaan jy maak met dit wat Ek vir jou gegee het?” Ek glo Hy het vir my gesê: “Angus, Ek gaan hierdie boodskap bring. Is jy bereid om My te vertrou?” Ek het my Bybel toegemaak en my hart met die mense gedeel. Ek het vir julle vertel wat Jesus vir my beteken. Ek was bereid om die Here te dien en ek het geglo Hy sou aan my die regte woorde gee (Lukas 21:15).   


God roep al sy kinders om dienaars van sy evangelie te wees. Hy rus ons toe deur sy Gees. Wat doen jy met dit wat die Here Jesus Christus vir jou gegee het? Is jy bereid om Hom te dien en te vertrou? Selfs al is jou aantekeninge weg?  


Here, ek sê vandag opnuut vir U dat ek bereid is om U te dien. Dankie dat U my vertrou met u boodskap van verlossing. Gee aan my die regte woorde. Amen 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid