Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 2 VAN 12

DIE GEUR VAN CHRISTUS 


Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 2 Korintiërs 2:15 


Ek het eenkeer ‘n storie gelees van ‘n sendeling wat na die Suidsee-eilande gegaan het om die evangelie te gaan verkondig. Die eilandbewoners wou hom doodmaak, maar hy het aangehou om vir hulle van Christus te vertel. Op die ou end het hulle besluit om hom te laat leef, maar het vir hom gesê: “Jy kan hier bly op die een voorwaarde. Jy praat nooit weer oor Jesus nie. As jy dit doen, maak ons jou dood.” Die sendeling het sy lewe lank op die eiland gebly. Die mense het so lief geword vir hom dat hulle vir hom ‘n spesiale begrafnis gehou en ‘n grafsteen opgerig het toe hy die dag sterf.  


Ongeveer twintig jaar later het ‘n groep sendelinge ook by die eilande aangekom. Hierdie keer het die eilandbewoners die sendelinge op hulle eiland verwelkom. Die sendelinge het dadelik oor Jesus begin praat, maar die mense het net daar gesit en hulle koppe geknik. Uiteindelik het die sendelinge gevra: “Ken julle hierdie man van wie ons praat? Ken julle vir Jesus?” 


“Ja,” het hulle gesê, “ons ken Hom, want Hy het onder ons gewoon.” Toe neem hulle die sendelinge na die graf van die eerste sendeling wat die evangelie van Christus aan hulle verkondig het, nie met sy woorde nie, maar deur hoe hy geleef het.  


Versprei jy die geur van Christus onder dié wat gered is sowel as onder dié wat verlore gaan? 


My Vader in die hemel, gebruik my in u koninkryk as die geur van Christus onder alle mense wat oor my pad kom. Amen 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid