Wanneer die huwelik moeilik raakVoorbeeld

When Marriage Gets Hard

DAG 3 VAN 5

Indien dit nie julle gewoonte is om mekaar op te bou in julle huwelik nie en julle wil die verandering maak in julle verhouding, is gebed die beste plek om te begin. Wanneer julle vir jul huwelik bid en vir God vra om julle huwelik te seën, sal julle merk dat julle gees teenoor julle huweliksmaat versag. Deur vir God te vra om vir jou 'n rein hart te gee soos Dawid in die Psalms gedoen het, tesame met 'n standvastige gees, sal vir jou die fondament gee om jou huweliksmaat deur God se oë van liefde, genade en vriendelikheid te begin sien. 

Oordink die goeie dinge wat God in jou huweliksmaat se lewe gedoen het, dan sal jy agterkom dat jou gebede op daardie dinge gerig word. Gevolglik sal God in jul huwelik begin werk om meer goeie dinge op hierdie manier te bewerkstellig. Verwerp enige negatiewe gedagtes voordat die Satan 'n geleentheid kry vir 'n vastrapplek en om daarmee verdeeldheid in jou gedagtes te bring. (2 Korintiërs 10:5)

Jy kan begin deur hierdie begeleide gebede te bid en hulle te gebruik as 'n katalisator vir jou eie gebede:

"Hemelse Vader, U sê dat dit tot my eer is om tekortkominge oor te sien en dat geduld 'n deug en genade 'n gawe is. Hierdie is dinge wat U al oor en oor gewys het. Sou U my sonde en tekortkominge teen my hou, sal daar geen hoop vir my wees nie. In plaas daarvan vergewe U gewilliglik en baan U die weg vir daardie vergifnis om plaas te vind, deur die offer van Jesus Christus. 

Ontvang my lof vir u geduld. Aanvaar my aanbidding vir u gewilligheid om te vergewe. Ek eer u hart wat so geredelik my foute oorsien. Here, vorm my om soos U te wees in my karakter en emosies, om U sodoende in my huwelik te weerspieël. In die Naam van Christus, amen."

Praat met God oor jou huwelik

Gebruik die tyd van gebed om patrone te identifiseer wat in jou huweliksverhouding ingekruip het, waar daar kritiek en foutvindery plaasvind. Dit mag dalk in jou of jou huweliksmaat of in beide van julle wees. Wanneer jou patrone geïdentifiseer is, bid deur elkeen en vra God vir wysheid en die insig hoe om hulle te oorkom. Probeer om enigiets negatiefs wat normaalweg uit jou mond kom, met iets positiefs te vervang. Kies om instemmend eerder as neerhalend te wees. Soos wat jy aanhou om hierdie dinge te doen, sal die neiging om fout te vind verminder. Sou jou huweliksmaat vinnig wees om fout te vind, vra God om in te tree in sy of haar lewe en hulle te oortuig van hierdie sonde. Bid dan getrou dat die Here jou huweliksmaat se gedagtes, hart en woorde, deur die krag van sy Gees sal verander, na dit wat eerder lewe in jou huwelik sal bring.

Gebed vir sy seën

"Genadige Here, help my om vinnig te wees om te hoor, stadig om te praat en stadig om kwaad te word. Help my om bedag te wees op dit wat ek vir en oor my huweliksmaat sê. In plaas daarvan om te probeer om my huweliksmaat te korrigeer, help my om maniere te vind om hom/haar aan te moedig. Skep in my 'n rein hart en gees wat altyd strewe om die goeie en nie die slegte nie, na diegene rondom my te bring. Help asseblief my huweliksmaat om nie in die strik te trap en alewig fout met my te vind nie. 

Gee my huweliksmaat selfbeheersing oor wat hy/sy vir my en oor my sê. Stel my huweliksmaat in staat om die goeie in my raak te sien en my foute oor te sien. Dankie dat U ons albei die vermoë skenk om in hierdie aspek van ons huwelik te verbeter en op U te vertrou om dit te kan doen. In die Naam van Christus, amen."

Groei nader aanmekaar in jou huwelik deur die krag van gebed in dié nuttige boek: "Prayers of Blessing Over My Marriage", by hierdie skakel.

Aangaande hierdie leesplan

When Marriage Gets Hard

Huweliksprobleme kan enigeen onderkry, maar God het wysheid in sy Woord wat 'n moeilike huwelik in 'n vreugdevolle een kan verander. New York Times se topverkoper, Bruce Wilkinson en Heather Hair, span in hierdie 3-dag leesplan saam om jou op hierdie pad te begelei.

More

Baie dankie aan Harvest House Uitgewers, tesame met skrywers Bruce Wilkinson en Heather Hair, wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.amazon.com/Prayers-Blessing-over-My-Marriage/dp/0736971858/ref=sr_1_1?ie=UTF8&qid=1548699562&sr=8-1&keywords=prayers+of+blessing+over+my+marriage