Wanneer die huwelik moeilik raakVoorbeeld

Dit is beter om te fokus op wat jou huweliksmaat goed doen as op sy/haar tekortkominge. Laat jou woorde spreek van bewustheid van hul sterkpunte, gawes en bydraes tot jul verhouding en gesin. Jy sal verstom wees oor hoe jou lewensmaat sal poog om selfs meer positiewe dinge in jou teenwoordigheid te doen wanneer jy na die goeie en nie die slegte verwys nie. Bevestiging doen baie om 'n atmosfeer van aanvaarding en wedersydse toegeneentheid te skep.
Sou die voordeel van die twyfel nie iets wees wat jy normaalweg oorweeg nie, dink vir 'n oomblik aan hoeveel tekortkominge daar in jou is. Om genade vir mekaar te bewys in jul huweliksverhouding, word gebaseer op die grondliggende waarheid dat 'n huwelik uit twee onvolmaakte mense bestaan wat poog om in harmonie en genade saam te leef. Ja, tekortkominge is volop. In almal. Hulle hoef egter nie jou gedagtes en gesprekke te domineer of jou optrede te beïnvloed nie. Wanneer 'n tekortkoming van so 'n aard is dat dit ter wille van die verhouding aangespreek moet word, spreek dit dan aan. Druk egter jou teleurstellings uit in 'n gees van eerbetoon. Wees gedagtig daaraan om nie die persoon te kritiseer terwyl jy lig werp op die gedrag wat pyn of kommer veroorsaak het nie. Soek nou gesamentlik na 'n oplossing of benadering. Sodra 'n besluit geneem is, beweeg dan aan.
Alhoewel hierdie verse slegs na vrouens verwys, is die beginsels op beide mans en vroue van toepassing. Hulle openbaar vir ons die vernietigende aard van foutvindery in enige huwelik:
· Liewer bo-op 'n dak woon as saam met 'n twisgierige vrou onder een dak. Spreuke 25:24
· Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag, so is 'n vrou wat aanhou kyf. Spreuke 27:15
'n Atmosfeer van foutvindery sal die intimiteit in enige huwelik vernietig, of dit nou van die vrou of man afkomstig is — of van beide. Indien dit iets is wat jy in jou huwelik ervaar het, of self doen, is die beste ding om dit stop te sit en om maniere te soek hoe om mekaar op te bou deur wat julle dink, sê en doen.
Aangaande hierdie leesplan

Huweliksprobleme kan enigeen onderkry, maar God het wysheid in sy Woord wat 'n moeilike huwelik in 'n vreugdevolle een kan verander. New York Times se topverkoper, Bruce Wilkinson en Heather Hair, span in hierdie 3-dag leesplan saam om jou op hierdie pad te begelei.
More