Leesplan inligting

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die FilippenseVoorbeeld

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

DAG 5 VAN 14

Begroeting: Filippense 1:1-2


Die aanhef in 1:1-2 identifiseer Paulus as die primêre skrywer van die brief en verklaar dat die brief ook van Timoteus kom. Regdeur hierdie brief het Paulus deurgaans na homself in die enkelvoud verwys deur woorde soos "ek" eerder as "ons" te gebruik. In Filippense 2:19 en 22 verwys hy na Timoteus in die derde persoon.



Die begroeting van die Filippense verskil ietwat van dié in meeste van Paulus se ander briewe omdat dit nie Paulus se apostelskap noem nie. Slegs 1 en 2 Tessalonisense en Filemon deel hierdie onderskeid. Al drie hierdie ander briewe noem egter wel Paulus se apostoliese gesag buite hulle begroeting. Slegs in Filippense vind ons 'n hele brief waarin Paulus nooit direk aandag op sy apostoliese gesag vestig nie.



Dit impliseer nie dat Paulus se brief aan die Filippense aan apostoliese gesag ontbreek nie. Dit is eerder 'n getuienis van sy verhouding met die Filippense, van hulle hoë agting vir Paulus en hulle gretigheid om die Here te behaag. Nie een keer moes Paulus hulle aan sy amp en gesag herinner nie.



Na die begroeting, beweeg Paulus na 'n gedeelte van danksegging in 1:3-8. Hierdie skuif van begroeting na danksegging is bestendig met die bewoording wat Paulus in die meeste van sy ander kanonieke briewe gevolg het, en Galasiërs en Titus is die enigste uitsonderings.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Ons bedank graag Third Millennium Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://thirdmill.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid