Leesplan inligting

Paulus se Gevangenisbriewe: Paulus en die FilippenseVoorbeeld

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

DAG 10 VAN 14

Paulus se Voorbeeld van Volharding: Filippense 3:1-16



In Filippense 3:1-16 het Paulus homself voorgehou as 'n positiewe voorbeeld van volharding in die geloof, beide met betrekking tot sy ingesteldheid en gedrag.



Paulus verduidelik, toe hy tot geloof in Christus gekom het, het hy opgehou om op aardse standaarde te vertrou om God se guns en seën te verkry en net op Christus begin staatmaak. Dit was nie omdat hy nie aan aardse standaarde voldoen het nie. Inteendeel, volgens aardse standaarde moes Paulus een van God se mees begunstigdes gewees het. Sien die beskrywing van sy geloofsbriewe in Filippense 3:4-6:



"... As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer: ek is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër, in wetsopvatting was ek 'n Fariseër, in my ywer 'n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik (Filippense 3:4-6).

As enige blote mens God se seëninge kon verdien deur die wet te onderhou, was dit Paulus.



Die waarheid is egter dat geen gevalle mens goed genoeg kan wees om God se seëninge van verlossing en ewige lewe te verdien nie. Dus het Paulus geweier om op sy aardse verdienste staat te maak en was slegs afhanklik van Christus se verdienste, wat God deur middel van geloof aan hom gegee het.



Terselfdertyd het hy dit ook duidelik gemaak dat deur bloot geloof te bely, nie voldoende is om ons verlossing te waarborg nie. Inteendeel, ons moet ook in geloof volhard om die ewige lewe te verkry. Ons moet ons geloof handhaaf, en ons moet heilige lewens lei, of anders bewys ons ons geloof is vals.



Dit is hoekom hy soveel klem gelê het op volharding in Filippense 3:12-16, en skryf so oor verlossing in Christus:



"Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink — God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het" (Filippense 3:12-16).



Om geloof te bely is nie genoeg nie; ons moet ons geloof bewys deur volharding. As ons ook nie volhard tot die einde, ons geloof in Christus vir ons verlossing behou en aan Hom getrou bly deur 'n Goddelike lewe nie, bewys ons dat ons geloof vals is.


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Paul's Prison Epistles: Paul And The Philippians

Hierdie leesplan ondersoek Paulus se brief van hoop en bemoediging vir die tye van vervolging en benoudheid wat hy en die Filippense in die gesig gestaar het.

Ons bedank graag Third Millennium Ministries vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://thirdmill.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid