Leesplan inligting

My Tyd Met God Deur Joyce MeyerVoorbeeld

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

DAG 3 VAN 5

Kry jou lewe terug


Ons voel soms dat ons lewe verwarrend of ongebalanseerd geraak het. Ons is ontevrede, maar ons weet nie presies wat om te doen nie. Vra eerstens vir die Here om jou wysheid te gee en wees verseker dat Hy sal. Die tweede ding wat jy kan doen, is om tot aksie oor te gaan. Om te weet wat ’n mens moet doen en om dit te doen, is twee verskillende dinge.


Ek het onlangs begin voel dat sekere dinge in my lewe uit balans geraak het. Ek was nie eens seker hoe dit gebeur het nie, maar ek het geweet ek moet iets daaraan doen. Ek het myself hoor kla dat ek ontevrede is oor sekere dinge. Naderhand het ek besef ek is die enigste een wat iets daaraan kan doen. Dit is heel algemeen om omstandighede of ander mense vir ons probleme te wil blameer, maar ek het oor die jare geleer dat dit gewoonlik ek is wat verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar.


Ek het nodig gehad om te bid, om die Here vir leiding te vra en om dan iets daaraan te doen. Ek het besef dat ek meer georganiseerd moet wees, want wanorde veroorsaak verwarring. Dit het baie beter gevoel om my gedagtes agtermekaar te kry en God se leiding te volg as om rigtingloos rond te val en te kla oor dinge wat net ek kan verander.


As dit vir jou voel asof jou lewe handuit geruk het en jy is gereed om dit terug te kry, sal God jou help. Maar sy aanwysings help niks as ons dit nie volg nie. Neem die besluit en hou daaraan vas vir oorwinning!


Gebed 


Vader, ek vra u wysheid om te weet hoe om die verbeterings in my lewe aan te bring wat U sal gelukkig maak en my in staat sal stel om die mens te wees wat U wil hê ek moet wees. Dankie! Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

My Tyd Met God Deur Joyce Meyer

Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm hierdie 5-dag-leesplan – elke dag sluit’n oo...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/my-tyd-met-god-hardeband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid