Leesplan inligting

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce MeyerVoorbeeld

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

DAG 5 VAN 5

Te alle tye


Daar is baie verse in die boek Psalms en enkeles in die boek Habakuk waarin die woord “sela” voorkom. Aangesien die vers vir vandag, oor vertroue in God, een van die Bybelverse is waarin die woord gebruik word, dink ek ons moet lank genoeg daarby stilstaan om te besef God sê: Hierdie vers het groot waarde en julle moet nou eers ophou lees en dit oordink.


In die vroeë jare van my lewe saam met God het ek daarop gefokus om Hom te vertrou om my te help wanneer ek ’n probleem gehad het wat vir my onhanteerbaar gelyk het. Maar ná ’n paar jaar het ek begin besef ek het nie die vermoë om enigiets sonder Hom te doen nie. Sedertdien spits ek my daarop toe om Hom te alle tye te leer vertrou. Ek doen dit deur te leef met ’n ingesteldheid van vertroue dat God my sal help. Daar gaan min dae verby dat ek nie ’n paar keer op ’n dag “Here, ek vertrou U in alle dinge” bid nie. Om jou vertroue in God te bely is ’n vorm van aanbidding. Ek vertrou op God vir spesifieke dinge in my en in ander se lewe waarvan ek bewus is, maar ek vertrou ook op Hom vir “alle dinge” waarvan ek nog nie eens bewus is nie.


Dit is dwaas om te wag vir ’n noodgeval of totdat ’n ernstige probleem ons in die gesig staar voordat ons besluit om God te vertrou. Ons kan heeltyd met ’n ingesteldheid van vertroue leef. Dit is wat dit beteken om in geloof te leef. Dit waarborg nie dat ons nooit probleme sal hê nie, maar dit bewys dat ons op God vertrou om ons deur daardie probleme te help, selfs al kies Hy om ons nie daarvan te verlos nie.

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Onwrikbare Vertroue Deur Joyce Meyer

Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon. Vertroue is nie ’n verpligting wat ons aan God verskuldig is nie; dit is ’n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Elke dag van hierdie 5-d...

More

Ons wil graag Struik Christian Media en Joyce Meyer bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/onwrikbare-vertroue-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid