Leesplan inligting

Wees DapperVoorbeeld

Wees Dapper

DAG 1 VAN 43

Inleiding:  


Josua 1:9


Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”


                                                  --------------------------------------


Ons hou almal van verhale van dapperheid en heldhaftigheid, want in daardie held of heldin sien ons iets wat ons nie het nie, maar begeer. Ons sien iemand wat edel of vrymoedig is, regverdig of waagsaam, en ons wens dat ons so kan wees.


Baie, indien nie almal van ons nie, het al vrees ervaar wat ons daarvan weerhou het om 'n onbekende roete te neem. Ons ken die soort swakheid wat kan maak dat ons tou opgooi of glad nie eens probeer nie. Ons het ook al lafhartigheid ervaar wat ons laat twyfel, oorweldig laat voel, en maak dat ons wegdraai van wat God wil hê ons moet doen. Dus, wanneer ons verhale lees of kyk van heldhaftigheid en dapperheid, juig ons en kry ons selfs trane in ons oë. Wanneer ons kyk na iemand wat moed hou te midde van vrees, onverskrokke is in die midde van teëspoed en vasberade is in die midde van swakheid, word ons geïnspireer om self dapper te wees.


Maar hierdie dapperheid is gewoonlik kortstondig, omdat aardse motivering ons net so ver kan neem. Ons benodig 'n dapperheid wat deur selfs die mees skrikwekkendste en moeilikste omstandighede sal stand hou. Ons het die soort dapperheid nodig wat sy krag put van die God wat geen vrees ken nie, wat alle mag en goedheid besit, en wie hierdie dinge vryelik gee aan diegene wat in geloof daarna vra.


In Josua 1:9 gee God aan Josua die opdrag om sterk en moedig te wees, om nie bang of moedeloos te wees nie. Hoekom? Omdat God belowe dat Hy met Josua sal wees waar hy ookal gaan. Dis dieselfde belofte wat God aan Abraham (Gen. 26:3), Jakob (Genesis 31:3), Moses (Ex.3:12) en die volk van Israel (Jes 41:10) (Matteus 28:20) gemaak het.


Deur jou lewe sal jy baie dinge in die gesig staar wat dapperheid vereis, en in hierdie studie gaan ons na 'n aantal van hierdie areas kyk en hoe ons moed in God kan vind. Sommige dade van dapperheid sal klein spronge vereis, terwyl ander ons sal vra berge te klim wat reusagtig lyk. Maar ons word nooit gevra om in ons eie krag dapper te wees nie.


Wanneer jy voel dat jy nie die wysheid het om sekere besluite te neem nie, onthou dat jy 'n God het wat alle wysheid het - jy moet net vra. Wanneer jy voel dat jy geen krag het vir die dag wat voorlê nie, onthou dat jy die krag van jou almagtige God tot jou beskikking het. Jy hoef net na Hom uit te roep. Wanneer jy voel dat jy nie die moed het om die volgende tree te neem nie, onthou dat God aan jou kant is, Hy veg vir en saam met jou en is bereid om jou alles te gee wat jy nodig het (2 Petrus 1:3).


Dit verg baie moed om 'n lewe van lig in 'n duister wêreld te leef, om kwaad met goed te oorwin en om ware geloof uit te leef voor diegene wat God bespot en laster. Maar God vra jou nooit dat jy hierdie lewe op jou eie aanpak nie. Wees sterk en vasberade, leef met vrymoedigheid en sonder vrees, want die Here is by jou, oral waar jy heengaan.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wees Dapper

Daar is nie 'n vrou wat nie worstel met vrees nie. Maar God herinner ons herhaaldelik en liefdevol deur sy Woord om nie ons lewens in vrees te leef nie. Inteendeel, Hy gee ons die opdrag om sterk en vasberade te wees. In...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid