HerskepVoorbeeld

Hoe om Jou Denke te Bestuur
God stel baie meer daarin belang om jou denke te verander as om jou omstandighede te verander.
Ons wil hê God moet al ons probleme, pyn, hartseer, lyding, siekte en droefheid wegneem. God wil egter eerste in jou werk, want herskepping sal nie in jou lewe plaasvind totdat jou denke nie vernuwe word en jou gedagtes begin verander nie.
Hoekom is dit so belangrik dat jy leer om jou denke te bestuur? Kom ek gee vir jou drie redes.
Bestuur jou denke, want jou gedagtes beheer jou lewe.
Spreuke 4:23 (ABA) sê: "Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe." Die krag van jou denke het 'n geweldige vermoë om jou lewe ten goede of ten slegste te vorm. Byvoorbeeld: Dalk aanvaar jy die woorde wat iemand vir jou gesê het toe jy groot geword het; "Jy is waardeloos. Jy maak nie saak nie." As jy daardie gedagte aanvaar het, al was dit verkeerd, het dit jou lewe gevorm.
Bestuur jou denke, want dit is die slagveld van sonde.
Alle versoekings vind in jou gedagtes plaas. In Romeine 7:22-23 (DB) sê Paulus: “In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken. Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie. In my doen en late geld daar dus ’n ander wet as in my binneste: die sonde. Ek is vasgevang in ’n geweldige tweestryd: aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is, maar aan die ander kant is my liggaam ’n gevangene van die sonde."
Een van die redes hoekom jy sielsmoeg raak, is omdat daar 24 uur van die dag 'n geveg in jou gedagtes aan die gang is. Dit takel jou af, want dit is baie intens en dis intens omdat jou denke jou grootste bate is. Die Satan wil jou grootste bate besit!
Bestuur jou denke want dis die sleutel tot vrede en vreugde.
Denke wat nie bestuur word nie lei tot spanning. Denke wat bestuur word lei tot rustigheid. Denke wat nie bestuur word nie lei tot konflik. Denke wat bestuur word lei tot vertroue. Denke wat nie bestuur word nie lei tot spanning. Wanneer jy nie probeer om jou gedagtes en die manier waarop jy dink te beheer nie, sal jy baie spanning in jou lewe ervaar. Denke wat bestuur word lei tot sterkte, sekuriteit en kalmte.
“As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.” (Romeine 8:6 NLV).
LUISTER vandag na die klankgreep van pastoor Rick se lering >>
Aangaande hierdie leesplan

Soos Paulus, in die Nuwe Testament, mag jy dalk ook weet dat jy nog nie die persoon is wat God wil hê jy moet wees nie (Filippense 3:12). In hierdie reeks gee pastoor Rick die stappe wat nodig is om vorentoe te beweeg om jou doel na te streef om herskep te word om soos Christus te wees.
More









