Leesplan inligting

Beloftes van GodVoorbeeld

Beloftes van God

DAG 3 VAN 29

Lees: Jesaja 41:10

SOAP: Jesaja 41:10

Wanneer ons verlam is deur vrees en nie staande kan bly nie, het ons alomteenwoordigende Beskermer belowe om ons te red en ons te versterk. Hy is ons almagtige God, en geen vyand kan sy beskermende omhelsing binnedring nie. Hy is die Helper van die hulpeloses.

Hierdie belofte is ook 'n opdrag. God het verklaar dat Hy ons met sy sorg sal omring wanneer angs toeslaan, maar Hy daag ons ook uit om ons volle vertroue in sy Woord te plaas. Vandag moet ons kies om te fokus op sy getrouheid en ophou om ons vrese te voed.

Vader, dankie dat U by my staan en my ondersteun wanneer ek bewe en bang is. Help my om in geloof vas te staan en te onthou dat U my ondersteun. Ek wil nee sê vir vrees en ja sê vir geloof. 

Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Beloftes van God

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe ...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid