Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WYSHEID EN DWAASHEID
Vandag se teksverse lyk of hulle teenstrydig is, maar die skrywer wil net vir ons sê dat ons wysheid moet gebruik om te besluit wanneer om 'n dwase persoon te antwoord. Elke ouer het al die ondervinding gehad om met 'n moeë tweejarige te stry as dit tyd is om die speelpark te verlaat. Net so kan 'n debat met jou tiener oor of dit reg is vir jou om televisie te beperk totdat hul grade verbeter, woede kan ontketen in plaas daarvan dat hulle jou ouerlike wysheid aanvaar. Jy het selfbeheersing nodig om nie in argumente betrokke te raak wat jou energie dreineer en jou na 'n "dwaas" laat lyk nie.
Soms is dit egter nodig dat jy jou opinie oor onvolwasse idees lug. As jou vyfjarige vir jou sê dat hy nou die kat gaan bad, of jou tiener meen dat voorhuwelikse seks aanvaarbaar is, moet jy op 'n volwasse manier reageer en die boodskap duidelik oordra dat jy dit nie goedkeur nie.
Jesus het geweet dit is nie nodig om altyd stil te bly nie (Matteus 26:62-64). Volg sy voorbeeld as jy moet besluit wanneer 'n antwoord nodig is.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com