Leesplan inligting

Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 9 VAN 27

Lees: Jona 2:3-4

SOAP: Psalm 31:23

Jona was in die hart van die diepsee, omring deur water en hoë golwe. Hy was in die duisternis, desperaat en het gewonder of God nog daar was. Hy het hulp nodig gehad en het niemand gehad na wie hy kon draai nie, behalwe na God.

Siende dat hy in die middel van die see was, was sy eerste gedagte dat hy afgesny was van God. Ons voel soms so, nê? Daar is situasies en moeilike tye waarin ons dink dat God ons versaak het. Ons vergeet dat God altyd na ons sal luister wanneer ons uitroep om hulp. Altyd. En dis wat Jona gedoen het. Hy het uitgeroep na die Here en erken dat hy Hom nodig het.

Hebreërs 4:16 sê: "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word." Die duiwel wil soms hê dat ons Jesus as onbereikbaar moet beskou, maar omdat ons 'n hoëpriester het wat beide almagtig en medelydend is, kan ons met vrymoedigheid tot sy troon nader.

Na wie gaan jy wanneer jy hulp nodig het? Gaan jy na jou gade, 'n vriend, 'n berader? Wie is jou eerste opsie? God bied hulp in ons tye van nood. Daar is geen versoek te groot of te klein vir Hom nie. Hy luister altyd na jou uitroep om hulp.

Hemelse Vader, my hart rus in die vertroue wat ek in U het. Ek loof U omdat u oë op die regverdiges is en u ore na hul gebede gedraai is. Amen.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genad...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid