Leesplan inligting

Lewe Veranderd: Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Living Changed: Spiritual Warfare

DAG 4 VAN 5

Bid



Gebed is 'n kragtige manier om die geestelike stryd te stry. As jy nie seker is waar om te begin nie, is daar goeie nuus. God het bedoel dit moet net so maklik wees as om met 'n vriend te praat. Hy gee nie om hoe ons bid nie, Hy wil net hê dat ons met Hom moet praat. 



As God sy wil gehad het sou ons sonder ophou deur die dag bid. Dit beteken nie noodwendig dat jy lang gebede een na die ander moet bid nie. Dit beteken eenvoudig dat ons in elke oomblik, met elke asemteug, die geleentheid het om God se teenwoordigheid doelbewus te erken en Hom in ons gedagtes in te nooi, sodat ons meer oop en in voeling kan wees met wat Hy sê. 



Ons kan byvoorbeeld vinnig vir veiligheid vra terwyl ons ry of God dank vir sy kreatiwiteit as ons 'n pragtige blom sien. Ons kan Hom uitnooi om deel te wees van ons gesprekke met vriende, of Hom vra om ons te lei om 'n besigheidsbesluit te neem. Ons kan Hom vra om ons harte en gedagtes te bewaar as ons in die spieël kyk en nie hou van wat ons sien nie. Die realiteit is dat die stem van die vyand ewigdurend in ons lewens kan word, as ons nie die ruimte met God vul nie. Die vyand hou daarvan om ons geïsoleer te laat voel, maar met gebed is ons nooit alleen nie.



Die aand voor Jesus se kruisiging, was Jesus met smart oorkom. Die Bybel sê dat Hy met sy gesig op die grond neergeval en Sy hart teenoor Sy Vader uitgestort het. Hy het gesmeek en gepleit vir 'n ander uitkoms, maar uiteindelik oorgegee aan God se wil. Dit moet die voorbeeld wees wat ons volg. Ons gebede hoef nie mooi ingekleur te word nie. Dit hoef nie eers woorde te wees nie! God ken die hartseer van ons hart en Hy veg vir ons. Ons kan dus huil of kwaad wees. God kan ons emosies hanteer. Ons hoef nie ons gevoelens weg te steek as ons aangeval word nie, maar draai na God om hulp.



Jesus, ek weet dat U hier is. En omdat ek U hart ken, vertrou ek dat die negatiewe dinge wat ek hoor, nie van U af kom nie. Ek spreek lewe oor myself, en vra U om my aan die waarheid te herinner. Dankie dat die vyand reeds verslaan is en geen mag het nie. Wys my waar ek moet veg. Wys my hoe om te veg. Dankie, Jesus, dat U my nooit sal toelaat om hierdie stryd alleen te voer nie. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Spiritual Warfare

As Christene het ons die krag van Jesus Christus wat in ons woon, maar dikwels gee ons die krag oor aan die een wat ons teëstaan. Daar is 'n geestelike oorlog rondom ons, maar ons is nie hulpeloos nie. Ons kan kies om on...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid