Leesplan inligting

Kersfees Bemoediging deur Greg LaurieVoorbeeld

Christmas Encouragement By Greg Laurie

DAG 1 VAN 25

Is Jy Voorbereid?



Tydens die eerste Kersfees, toe Jesus gebore is, het die meeste mense dit misgeloop. Daar was natuurlik nie bekende tekens soos vader Kersfees of takbokke nie. Nog geen Kersliedere was al geskryf nie. Daar was nie helderkleurige, flitsende liggies by die Kersfeesmark te koop nie. Kinders het nie moeilik aan die slaap geraak nie, want dit was 'n nag net soos enige ander nag.



Die eerste Kersfees was egter nie sonder sy eie tekens, wat 'n paar eeue terugdateer het nie. Die Hebreeuse profete het voorspel dat die Messias sou kom en het spesifiek geprofeteer dat hy uit 'n maagd, in die dorp Betlehem gebore sou word: "Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!" (Miga 5:1)



Daardie eerste Kersfees het alles maar net soos gewoonlik aangegaan. Vir 'n lang tyd het dinge nie te wonderlik met die Joodse volk gegaan nie. Daar was 'n doodse stilte vanuit die hemel. Vierhonderd jaar het verbygegaan sonder 'n enkele profeet wat geprofeteer het. Daar het geen wonderwerke plaasgevind nie. Hulle was onder die tiranniese regering van Rome. Dit het baie sleg gegaan. Dit was tyd vir 'n Messias.



Tog het so baie dit misgeloop toe Hy uiteindelik opdaag: Die herbergier. Die inwoners van Betlehem. Die geleerdes. Herodus. Almal in Rome. Net 'n paar mense was gereed en het dit beleef.



Jesus Christus gaan na hierdie aarde terugkom. Die vraag is of ons meer gedoen het ter voorbereiding van die gebeurtenis van die verlede as vir 'n toekomstige een? Ons is dalk almal gereed vir Kersfees, maar is ons gereed vir Christus se terugkeer?



Kopiereg © 2011 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Christmas Encouragement By Greg Laurie

Moenie toelaat dat die bedrywighede van die vakansietyd in Desember jou ontneem van die vreugde en ware viering van Jesus, ons Verlosser, nie. Ontvang daaglikse bemoediging van pastoor Greg Laurie se spesiale Kersfeesoor...

More

Baie dankie aan "Harvest Ministries" en Greg Laurie wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid