Leesplan inligting

God is aan jou kant deur Nina SmitVoorbeeld

God is aan jou kant deur Nina Smit

DAG 4 VAN 5

Aanvaarding  


Wanneer die lewe jou stief behandel, kan jy dit op twee maniere hanteer: Jy kan God daarvoor blameer en summier moed opgee, of jy kan aanvaar dat God ’n doel met die seerkry of verlies in jou lewe het en Hom vra om jou te help om dit met grasie te aanvaar. 


Toe alles vir Job so vreeslik sleg uitgedraai het, het hy nog aan die begin probeer om daarmee vrede te maak. Ons het nou al telkens gehoor dat daar geen mens op aarde is met wie dit net goed gaan nie. Soms kry ons dit wel reg om vir ’n rukkie uit te hou, maar gewoonlik gebeur daar iets wat die kameel se rug finaal breek en ons kom in opstand – nie net teen ons omstandighede nie, maar sommer teen God ook. Dit is dan dat ons (soos Job later in die boek!) begin om waarom-vrae na God se kant toe te slinger. Almal van ons kry ons pakkie swaarkry wat ons moet dra. Hoe gouer jy dus leer om dit te doen, hoe beter sal dit vir jou wees. 


As jy vandag ekstra moedeloos voel, kan jy gerus weer Job se storie gaan lees. Wanneer God vir Job al die wonders in sy skepping wys, besef Job hoe arrogant hy was om God vir sy omstandighede te verkwalik. Sodra Job sy eie sonde besef en bely, verander God sy omstandighede en seën Hy hom selfs meer as aan die begin. Hou dus gerus op om met God te baklei oor jou probleme; aanvaar hulle eerder as ’n leerskool. Kyk dan na die majesteit van God se skepping en aanbid Hom soos Job gedoen het.


Gebed:


Here God, soos Job kom pleit ek om vergifnis oor my eie arrogansie om u plan met my lewe te bevraagteken. Help my om my huidige omstandighede met kalmte, grasie en selfs vreugde te aanvaar. Kalmeer nou my opstandigheid en gee weer u vrede in my lewe. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God is aan jou kant deur Nina Smit

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op di...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Nina Smit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek, "God is aan jou kant", besoek: https://www.cumbooks.co.za/god-is-aan-jou-kant- sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid