Leesplan inligting

God is aan jou kant deur Nina SmitVoorbeeld

God is aan jou kant deur Nina Smit

DAG 2 VAN 5

God se genade is reeds joune  


In sommige Bybelvertalings word die woord “genade” met “onverdiende guns” vertaal. God se genade behoort reeds aan elkeen van sy kinders; dit hang nie af van die dinge wat ons doen of nie doen nie, maar van wat Jesus reeds vir ons gedoen het. Genade kan nie verdien word nie. God skenk dit gratis aan elkeen wat in Jesus glo, sonder voorbehoud en sonder voorwaardes.


Toe Jesus tussen twee misdadigers gekruisig is, het Hy goed geweet dat nie een van hulle ooit iets sou kon doen om sy genade te verdien nie. Een van hulle het Hom dan ook saam met die bloeddorstige skare uitgejou: “Is jy dan nie die Messias nie? Red jouself en ook vir ons!” Maar die ander een pleit by Hom: “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus hoef nie eens ’n sekonde lank na ’n antwoord te soek nie. “Ek verseker jou, jy sal vandag nog saam met My in die paradys wees,” belowe Hy (sien Lukas 23:39–43). Bloot deur in Jesus te glo, is daardie misdadiger nou saam met Jesus in die hemel.


Wanneer jy op jou depressiefste voel, kan jy steeds tot God om sy genade bid en seker weet dat Hy dit vir jou sal gee. Hierdie genade is oorgenoeg; ook vir môre en oormôre en vir die res van jou lewe. Jy hoef dus nooit weer moedeloos of minderwaardig te voel nie. Dit is eintlik goed om soms te misluk, omdat mislukkings maak dat jy des te meer op God se genade kan steun. Juis wanneer jy op jou swakste voel, is God se krag en genade joune – en daarmee is jy tot alles in staat! 


Gebed:


Hemelse Vader, ek loof U dat u genade, u onverdiende guns, gratis vir my kom aanbied, alhoewel ek goed weet dat ek nooit eens ’n greintjie daarvan verdien nie. Dankie dat genade beskikbaar is vir almal wat in Jesus glo, omdat Hy dit reeds aan die kruis vir ons verdien het. Ek neem nou u genade vir my. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God is aan jou kant deur Nina Smit

Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers herinner aan God se blywende liefde, en sal hulle bemoedig om hul seënings te tel en elke dag voluit te leef. Elkeen van die vyf dae handel oor ’n spesifieke tema (soos om te fokus op di...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Nina Smit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek, "God is aan jou kant", besoek: https://www.cumbooks.co.za/god-is-aan-jou-kant- sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid