Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 2 VAN 41

Lees: Handelinge 13:10; Openbaring 12:10; 2 Tessalonisense 3:3

SOAP: Openbaring 12:10; 2 Tessalonisense 3:3

Het jy geweet dat jy 'n vyand het? Groter as enige militêre of politieke teenstander. Satan voer oorlog teen God en sy volgelinge. Hy is vol bedrog en sal hierdie eienskap gebruik om ander weg te trek van Jesus af.

Al het ons 'n vyand wat ons teenstaan, is God aan ons kant. Volgens 2 Tessalonisense 3:3 is God getrou om ons teen die bose te beskerm. Christus het Satan deur sy dood, opstanding en hemelvaart oorwin en hy het Satan geen reg gegee om gelowiges aan te kla nie. Daarom hoef ons nie te vrees nie.

Jy kan vrede hê in die wete dat Christus die streke van ons aanklaer oorwin het!

Hemelse Vader, ek weet dat ek 'n vyand in hierdie wêreld het. Help my asseblief om te onthou dat ek oorwinning het deur Christus. Dankie vir die vergifnis wat ek in Hom het. Ek bid dat U my sal help om in oorwinning te wandel, eerder as om te vrees. 

In Jesus se naam, 

Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid