Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 4 VAN 41

Lees: 1 Johannes 5:19; 1 Johannes 2:15-16; Kolossense 2:8; 2 Timoteus 3:13-14

SOAP: Kolossense 2:8

Wanneer ons die wêreld liefhet, word ons persepsie verdraai.

Ons vergeet dat die wêreld in die mag van die bose is. Wanneer ons dit doen, begin die dinge van die wêreld aanloklik lyk en as ons nie versigtig is nie, kan ons deur die wêreld beïnvloed word en as gevolg daarvan skade ly deur die verwoesting wat sonde meebring. Dit is daarom van kritieke belang dat ons nie sorgeloos is in die manier hoe ons ons lewens lei nie, maar eerder bedag wees op die verskillende maniere waardeur ons beïnvloed kan word deur die waardes van die wêreld, in plaas van God se Woord. Selfs al leef ons in hierdie wêreld, moet ons onthou dat ons nie van die wêreld is nie. Ons behoort aan Christus.

In plaas daarvan om doelloos te leef en die wêreld toe te laat om ons toewyding en oortuigings voor te skryf, roep God ons om vas te hou aan Sy leer en sterk te staan in ons geloof. Deur dit te doen, sal ons nie die Waarheid verloën wanneer die wêreld probeer om ons oortuigings te verander nie.

Hoe kan jy waak daarteen om die dinge van hierdie wêreld lief te hê?

Hemelse Vader, dankie vir u Woord wat 'n anker is vir die waarheid. Help my om op U te vertrou wanneer ek deur die wêreld versoek word. Vergewe my vir die tye wanneer ek die aantreklikheid van die wêreld toegelaat het om my van U weg te lok. Dankie vir u Seun.

In Jesus se naam,

Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid